Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/00 bl. 8
  • Vra hulp

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vra hulp
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe dien die ouer manne die gemeente?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Roep die ouermanne
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • “Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle sorg is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Hoe die Christengemeente georganiseer word
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 3/00 bl. 8

Vra hulp

1 Die geïnspireerde woorde ‘moeilik om deur te kom’ is ’n raak beskrywing van ons kritieke tye (2 Tim. 3:1). Wat kan jy dus doen wanneer jy te staan kom voor moeilike geestelike uitdagings waarteen jy nie opgewasse voel nie?

2 Is jy bereid om met ’n geestelik volwasse lid van die gemeente te praat? Party huiwer dalk om dit te doen omdat hulle verleë voel, nie ander wil pla nie of twyfel of enigeen werklik kan help. Ons moet weliswaar na die beste van ons vermoë na ons persoonlike verantwoordelikhede omsien, maar ons moet altyd die vrymoedigheid hê om hulp te soek in sake wat ons geestelike welsyn raak.—Gal. 6:2, 5.

3 Waar om te begin: Jy kan moontlik jou boekstudiehouer nader en vra of jy saam met hom in die veldbediening kan werk. Dit sal jou die geleentheid gee om hom te vertel van jou begeerte om geestelik te groei. As hy ’n bedieningskneg is, moet jy vir hom sê dat jy geestelike hulp nodig het, en hy sal die ouer manne vra om jou te help. Of jy kan enigeen van die ouer manne nader oor dinge wat jou bekommer.

4 Watter soort hulp het jy nodig? Het iets jou ywer laat verflou? Is jy ’n enkelouer wat jou kinders na aan die gemeente probeer hou? Is jy ’n bejaarde wat hulp nodig het? Of ontmoedig die een of ander probleem jou? Dit is dalk moeilik om deur ons kritieke tye te kom—maar dit is nie onmoontlik nie. Hulp is beskikbaar.

5 Hoe ouer manne help: Die ouer manne gee werklik om. Hulle sal na jou sorge luister. As ander verkondigers met soortgelyke struikelblokke te kampe het, sal die ouer manne dit in ag neem wanneer hulle herderswerk in die gemeente doen en die gemeente onderrig. Hulle is as “voorbeelde vir die kudde” altyd gereed om vreugdevol saam met jou te werk (1 Pet. 5:3). As jy na hierdie ervare broers luister terwyl hulle oor Bybelbeginsels redeneer, kan dit jou bediening verbeter en jou in jou persoonlike lewe help.—2 Tim. 3:16, 17.

6 Jesus het talle “gawes in die vorm van mense” aan ons gegee (Ef. 4:8). Dit beteken dat die ouer manne tot jou diens is. Hulle is daar om jou te help. Hulle “behoort” as ’t ware aan jou (1 Kor. 3:21-23). Moet dus nie huiwer nie, praat met hulle. Vra die hulp wat jy nodig het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel