Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/00 bl. 1
  • Volhard jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Volhard jy?
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal jy in die waarheid bly wandel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Volharding—noodsaaklik vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • “Laat die volharding sy werk voltooi”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Bly na aan Jehovah se organisasie
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 8/00 bl. 1

Volhard jy?

1 “Ek het geen groter rede tot dankbaarheid as hierdie dinge nie, dat . . . my kinders voortgaan om in die waarheid te wandel” (3 Joh. 4). Die volharding van Johannes se geestelike kinders het hom groot vreugde gebring. Hoe verheug moet ons hemelse Vader tog nie wees as hy sien hoe miljoene van sy toekomstige kinders “voortgaan om in die waarheid te wandel” nie!—Spr. 23:15, 16; 27:11.

2 Hoewel God se volk as ’n geheel in ywerige Christelike bedrywighede volhard, het party geleidelik minder begin doen. Hoewel hulle dalk fluks was toe hulle aanvanklik die waarheid geleer het, het hulle, met verloop van tyd, in ’n groef geraak waar hulle slegs ’n klein of ongereelde deelname aan die dissipelmaakwerk het.

3 Dit is te verstane dat party dalk minder doen weens fisiese beperkings en die gevolge van die ouderdom. Hulle moet egter vir hulle volharding geprys word. Hulle doen wat hulle kan. Maar elkeen wat sy lewe aan God toegewy het, moet hom afvra: ‘Het ek myself toegelaat om soveel op persoonlike strewes te konsentreer dat Koninkryksbelange slegs ’n klein deeltjie van my lewe in beslag neem? Het ek ietwat “lou” geword of span ek my nog steeds “kragtig” in?’ (Op. 3:15, 16; Luk. 13:24). Mag ons almal biddend nadink oor wat ons doen en die nodige verbeteringe aanbring, terwyl ons onthou dat Jehovah belowe om “heerlikheid en eer en vrede [te voorsien] vir elkeen wat bedryf wat goed is”.—Rom. 2:10.

4 Hoe om te volhard: Wat het Jesus gehelp om te volhard? Paulus verduidelik: “Vir die vreugde wat hom voorgehou is, het hy ’n folterpaal verduur, terwyl hy die skande verag het, en aan die regterhand van die troon van God gaan sit” (Heb. 12:1-3). Die vreugde wat Jesus voorgehou is, was van baie groter belang as die tydelike beproewinge wat hy moes verduur. As ons die vreugde wat ons voorgehou word in gedagte hou, kan dit ons ook help om te volhard (Op. 21:4, 7; 22:12). As ons op Jehovah vertrou om vir ons krag te gee deur persoonlike studie, gereelde vergaderingbywoning en volharding in gebed, sal ons kan volhard in die werk wat hy ons gegee het om te doen.

5 Jehovah verheug hom in die volharding van sy lojales. Laat ons dus sy vreugde vergroot deur voort te gaan om “in die waarheid te wandel”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel