Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp20 nr. 1 bl. 14-15
  • Die waarheid oor die toekoms

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die waarheid oor die toekoms
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’N GOEIE REGERING
  • GOEIE GESONDHEID
  • WARE VREDE
  • DIE AARDE SAL VOL GOEIE MENSE WEES
  • DIE HELE AARDE SAL ’N PARADYS WEES
  • Hoop
    Ontwaak! — 2018
  • Wat is God se Koninkryk?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • God gaan lyding nie meer lank toelaat nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • God se Koninkryk—Voortrefliker in elke opsig
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
wp20 nr. 1 bl. 14-15
Mense geniet die lewe in die Paradys

Die waarheid oor die toekoms

Het jy al ooit gewonder wat in die toekoms gaan gebeur? Die Bybel wys dat baie belangrike dinge binnekort sal plaasvind wat almal op die aarde sal raak.

Jesus het verduidelik hoe ons sou weet “dat die Koninkryk van God naby is” (Lukas 21:31). Hy het voorspel dat daar byvoorbeeld groot oorloë, groot aardbewings, voedseltekorte en vreeslike siektes sou wees – die einste dinge wat ons vandag sien. – Lukas 21:10-17.

Die Bybel wys ook dat die “laaste dae” van vandag se regerings geïdentifiseer sou word deur mense se slegte gedrag. Jy kan lees hoe hierdie mense beskryf word in 2 Timoteus 3:1-5. Wanneer jy sien hoe mense vandag dink en optree, stem jy sekerlik saam dat hierdie Bybelprofesie grootliks ooreenstem met wat vandag gebeur.

Wat beteken dit? God se Koninkryk sal binnekort groot veranderinge maak wat die lewe op die aarde baie beter sal maak (Lukas 21:36). In die Bybel belowe God goeie dinge vir die aarde en vir die mense wat daarop lewe. Hier is ’n paar voorbeelde.

’N GOEIE REGERING

“En aan hom [Jesus] is heerskappy, eer en ’n koninkryk gegee, sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sal dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie tot ’n einde sal kom nie, en sy koninkryk sal nie vernietig word nie.” – DANIËL 7:14.

Wat dit beteken: Jy kan die lewe geniet onder ’n beter regering wat God oprig, met sy Seun as Koning. Hierdie regering sal oor die hele aarde regeer.

GOEIE GESONDHEID

’n Jong meisie staan op uit haar rolstoel en loop

“Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.” – JESAJA 33:24.

Wat dit beteken: Jy sal nooit siek word of gestremd wees nie. Jy sal kan lewe sonder om ooit te sterf.

WARE VREDE

’n Geweer wat in stukke gebreek is

“Hy maak regoor die aarde ’n einde aan oorloë.” – PSALM 46:9.

Wat dit beteken: Oorloë en al die lyding wat daardeur veroorsaak word, sal nie meer bestaan nie.

DIE AARDE SAL VOL GOEIE MENSE WEES

“Die goddeloses sal nie meer bestaan nie. . . . Die nederiges sal die aarde besit.” – PSALM 37:10, 11.

Wat dit beteken: Daar sal nie meer slegte mense wees nie. Daar sal net mense wees wat graag aan God gehoorsaam wil wees.

DIE HELE AARDE SAL ’N PARADYS WEES

“Hulle sal huise bou en daarin woon, en hulle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet.” – JESAJA 65:21, 22.

Wat dit beteken: Die hele aarde sal pragtig gemaak word. God sal ons gebed dat sy wil “op die aarde” moet plaasvind, beantwoord. – Matteus 6:10.

Mense geniet die lewe in die Paradys
    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel