Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/01 bl. 8
  • Liefde beweeg ons om te getuig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Liefde beweeg ons om te getuig
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • “Jy moet Jehovah jou God liefhê”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Ons bediening—’n blyk van ware liefde
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Die predikingswerk—’n eervolle voorreg
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Jy moet die God liefhê wat jou liefhet
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 3/01 bl. 8

Liefde beweeg ons om te getuig

1 As Jehovah se Getuies is ons veral bekend as ywerige verkondigers van die Koninkryksboodskap (Matt. 24:14). Meer as sesmiljoen is wêreldwyd bedrywig; nuwelinge word bygevoeg wanneer hulle saam met ons aan die predikingswerk deelneem. Getalle word bereken op grond van deelname aan hierdie werk.

2 Wat beweeg ons om ons vir so ’n uitdagende toewysing beskikbaar te stel? Ons word nie gedwing, deur materiële gewin beweeg of spesiale eer aangebied nie. Baie van ons was aanvanklik skrikkerig omdat ons onbekwaam gevoel het en die publiek se reaksie dikwels negatief was (Matt. 24:9). Die meeste mense kan nie verstaan wat ons beweeg nie. Daar moet ’n dwingende rede wees waarom ons volhard.

3 Die krag van liefde: Jesus het die grootste van alle gebooie geïdentifiseer toe hy gesê het dat ons ‘Jehovah met ons hele hart, siel, verstand en krag moet liefhê’ (Mark. 12:30). Ons liefde vir Jehovah is gewortel in diep gevoelens van waardering vir wie en wat hy is—die Soewereine Heerser, die Skepper van alle dinge, wat ‘waardig is om heerlikheid, eer en krag te ontvang’ (Op. 4:11). Sy wonderlike eienskappe is weergaloos.—Ex. 34:6, 7.

4 Die feit dat ons Jehovah ken en liefhet, beweeg ons om ons lig voor mense te laat skyn (Matt. 5:16). Ons lig skyn wanneer ons hom in die openbaar loof, oor sy wonderlike werke praat en die boodskap oor sy Koninkryk bekend maak. Net soos die engel in die middel van die hemel, het ons ‘ewige goeie nuus om as blye tyding bekend te maak aan elke nasie en stam en taal en volk’ (Op. 14:6). Ons liefde is die krag agter die wêreldwye predikingswerk.

5 Die wêreld beskou ons predikingswerk as “dwaasheid” wat geïgnoreer moet word (1 Kor. 1:18). Baie pogings is aangewend om ons werk te onderdruk. Ons lojale liefde het ons versterk om soos die apostels te verklaar: “Ons kan nie ophou praat oor die dinge wat ons gesien en gehoor het nie. . . . Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense” (Hand. 4:20; 5:29). Die predikingswerk brei steeds uit in alle dele van die aarde ondanks teenkanting.

6 Ons liefde vir Jehovah is soos ’n brandende vuur wat ons kragtig aanspoor om sy voortreflikhede alom bekend te maak (Jer. 20:9; 1 Pet. 2:9). Ons sal voortgaan om ‘sy dade onder die volke bekend te maak, want Hy het heerlike dinge gedoen’!—Jes. 12:4, 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel