Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/01 bl. 3
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Neig jou hart om Jehovah te vrees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Vrees vir God—Kan dit jou tot voordeel strek?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Verrig heilige diens met godvrugtige vrees
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Waarom moet ons God vrees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 7/01 bl. 3

Nuwe kringbyeenkomsprogram

Een definisie van vrees is “diepe eerbied en ontsag, veral vir God”. Dit beskryf die gesonde vrees waarna daar in die Skrif verwys word as “die begin van wysheid” (Ps. 111:10, NW). Daarenteen oorheers ’n ander soort vrees Satan se wêreld om ons. Hoe kan ons daardie onheilsame gevoel vermy terwyl ons ’n eerbiedige vrees vir Jehovah ontwikkel? Die nuwe kringbyeenkomsprogram vir die 2002-diensjaar gee aandag aan hierdie vraag. Die tema is “Vrees God en gee hom heerlikheid” (Op. 14:7). Dit sal ons help om die baie maniere te verstaan waarop daardie vrees vir Jehovah ons as individue sowel as ’n organisasie tot voordeel strek.

Hoewel vrees dalk angs of ’n gebrek aan moed impliseer, asook ’n huiwering om moeilike situasies aan te pak, sê die Bybel: “Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees” (Ps. 128:1). Die byeenkomsprogram sal vir ons wys hoe ons die uitdagings van ware aanbidding met welslae die hoof kan bied. Ons sal sien hoe om nuwelinge te help om hierdie heilsame vrees vir God aan te kweek, wat hulle werklik sal beweeg om hom met hulle hele hart, siel, verstand en krag te wil dien (Mark. 12:30). Die eerste dag sluit af met die streekopsiener se toespraak “Bou ’n hegter verhouding op met diegene wat jy liefhet”. Hy sal verduidelik hoe ons op ons hoede kan bly vir die Duiwel se pogings om ons weg te laat beweeg van Jehovah, ons gesin en ons Christenbroers.

“Vrees Jehovah, nie mense nie” is die tema van ’n vierdelige simposium op die tweede dag. Dit sal verduidelik waarom en hoe ons enige vrees moet oorkom wat verhinder dat ons ons bediening ten volle uitvoer of dat ons by die skool en by die werk ons onkreukbaarheid handhaaf en ’n goeie gewete behou. Die openbare toespraak “Vrees God en hou sy gebooie” is gebaseer op die gebeure wat in Openbaring hoofstuk 14 beskryf word. Die kringbyeenkoms sal afsluit met positiewe riglyne in die toespraak “Gaan voort om in die vrees van Jehovah te wandel”.

Die Teokratiese Bedieningskool, ’n modelaanbieding van die Diensvergadering, die dooptoespraak en opsomming van die Wagtoring-studie is bykomende hoogtepunte van die program wat jy nie sal wil misloop nie. Nooi jou Bybelstudente om dit saam met jou by te woon. Enigiemand wat graag gedoop wil word, moet die presiderende opsiener so gou as moontlik hiervan vertel. Ons almal wil ons heilsame vrees vir Jehovah toon en hom verheerlik deur geen deel van hierdie uitstekende program mis te loop nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel