Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/01 bl. 4
  • Kan jy dien waar daar hulp nodig is?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy dien waar daar hulp nodig is?
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Abraham—’n Voorbeeld van geloof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • ‘Die vader van almal wat geloof het’
    Volg hulle geloof na
  • Ons moet geloof hê soos dié van Abraham!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Laat jou hand nie rus nie
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 7/01 bl. 4

Kan jy dien waar daar hulp nodig is?

1 Het jy dit al ooit oorweeg om te trek na waar daar meer Koninkryksverkondigers nodig is? Sou jy soos die apostel Paulus reageer as jy genooi word om ‘oor te kom en te help’? (Hand. 16:9, 10). In baie gemeentes is daar ’n behoefte aan geestelik ryp gesinne, aan pioniers om die gebied te help dek of aan bekwame ouer manne en bedieningsknegte om die leiding te help neem. Die gebied bestaan moontlik uit ’n paar afgesonderde dorpies wat oor groot plattelandse gebiede versprei is. Die naaste Koninkryksaal is miskien baie kilometers daarvandaan. Sekulêre werk is dalk skaars. Die weer is miskien nie altyd ideaal nie. Sal jy gewillig wees om so ’n uitdaging te aanvaar? Hoe is dit moontlik om ’n sukses daarvan te maak?

2 Geloof en vertroue is nodig: Soos God beveel het, het Abram sy tuisdorp Ur verlaat en saam met sy vrou, neef en bejaarde vader, Tera, 1 000 kilometer na Haran gereis (Gen. 11:31, 32; Neh. 9:7). Ná Tera se dood, het Jehovah Abram, wat toe 75 jaar oud was, beveel om Haran en sy familie te verlaat en na ’n land te reis wat God vir hom sou wys. Abram, Sarai en Lot “het uitgetrek” (Gen. 12:1, 4, 5). Abram het natuurlik nie getrek om te gaan dien waar daar ’n behoefte aan meer bedienaars was nie. Maar dit het iets van hom geverg om te trek. Wat?

3 Dit het geloof en vertroue van Abram geverg om so ’n onderneming aan te pak. Sy denke en sy lewenswyse moes verander. Hy moes die veiligheid van sy familie agterlaat. Maar hy het op Jehovah vertrou om na hom en sy huisgesin om te sien. Baie het vandag op ’n soortgelyke manier hulle vertroue in Jehovah geopenbaar.

4 Korttermyntoewysings: Het jy al ooit die ryk seëninge geniet wat ons ontvang wanneer ons in ontoegekende gebied werk? Elke jaar gedurende Augustus, September en Oktober geniet duisende verkondigers seëninge deur in ontoegekende gebied te werk. Vanjaar sal geen uitsondering wees nie! Die ontoegekendegebied-kampanje gee party die geleentheid om ’n maand of langer hulppionierdiens te doen. Daar is talle klein dorpies wat, weens die afstand wat hulle van gevestigde gemeentes af is, baie jare lank nie ’n getuienis ontvang het nie. Dit is ideale toewysings vir afgetrede verkondigers en diegene wat dalk ’n maand of langer in hierdie dorpe kan bly. Baie meer kan op hierdie manier verrig word. Ons moedig diegene aan wat dit kan doen, om hierdie moontlikheid asseblief te oorweeg.

5 Vir party het dit behels dat hulle ver afstande moes reis. Was dit die moeite werd? Toe ’n boer in die Wes-Kaap uitgevind het wat ons doen, het hy gereël dat al die plaaswerkers ’n uur vroeër ophou werk. Toe het hulle almal in ’n skuur bymekaargekom waar een van die broers ’n deeglike getuienis kon gee. Die werkers kon nie tot die wêreldwye werk bydra nie, maar het aangebied om die broers se baie stowwerige motors te was in ruil vir lektuur. ’n Boer in Mpumalanga het ons boodskap baie waardeer en lektuur geneem. Maar die werkers was op die lande besig, en daarom kon die verkondigers nie met hulle praat nie. Die boer het gesê dat hy sou reël dat hulle almal teenwoordig is as die verkondigers om 1:00 nm. terugkom. Net soos hy belowe het, was al die werkers bymekaar. Vyf-en-sewentig persent van die gemeentes het verlede jaar aan die ontoegekendegebied-kampanje deelgeneem. Die meeste verkondigers stem saam dat dit hulle ’n groter waardering vir die bediening gegee het deur selfs net ’n kort tydjie te dien waar daar hulp nodig is. Praat met diegene wat dit al gedoen het. Jy sal vind dat hulle geestelik opgebou is en dit waarskynlik weer sal doen as hulle die kans kry.

6 Om ’n tydelike toewysing te aanvaar om te dien waar daar hulp nodig is, kan ook aan ’n ander doel beantwoord. Diegene wat dit doen, kan nuttige inligting verkry wat hulle kan help om ‘die koste te bereken’ om na ’n ander deel van die land te trek.—Luk. 14:28.

7 Trek na waar daar hulp nodig is: Jehovah is vasbeslote dat die goeie nuus “in die hele bewoonde aarde” verkondig moet word voordat die einde kom (Matt. 24:14). As jy kon, sou jy, met hierdie wete, gewillig wees om te trek na waar daar hulp nodig is? Daar is in baie gebiede hulp nodig.

8 Het jy afgetree? Het jy ’n vaste inkomste? Indien nie, kan jy vir jouself werk? Kan jy van enige plek af ’n bestaan maak deur middel van die telefoon of die rekenaar? Kan jy, as jy nie kan trek nie, ’n gesinslid help om op ’n ander plek te dien?

9 As jy, nadat jy dit biddend oorweeg het, voel dat jy die uitdaging kan aanvaar om te trek na waar daar hulp nodig is, moet jy die saak met jou gesin en die ouer manne in julle gemeente bespreek. Skryf dan ’n brief en gee dit aan die ouer manne sodat hulle hulle kommentare en aanbevelings kan insluit voordat hulle dit aan die takkantoor stuur.

10 Wat moet jy in jou brief insluit? Jou ouderdom, doopdatum, verantwoordelikhede in die gemeente, huwelikstaat en of jy minderjarige kinders het. Noem die gebiede waarin jy, na gelang van jou persoonlike behoeftes, sou verkies om te dien. Kan jy byvoorbeeld ’n ander taal praat?

11 Het jy ywer en inisiatief? Laat jou omstandighede jou toe om te dien waar daar hulp nodig is? Indien wel, sal jy sien hoe Jehovah voortdurend ryk seëninge uitstort op diegene wat op hom vertrou terwyl hulle ’n selfopofferende gees aan die dag lê!—Ps. 34:9; Mal. 3:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel