Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/01 bl. 1
  • Die Teokratiese Bedieningskool vir 2002

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Teokratiese Bedieningskool vir 2002
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • ’n Suksesvolle wêreldwye skool
    Ontwaak!—1995
  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Die Teokratiese Bedieningskool vir 1998
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 12/01 bl. 1

Die Teokratiese Bedieningskool vir 2002

1 Die vermoë om te praat, word deur die meeste mense as vanselfsprekend aanvaar. Spraak is egter ’n gawe van Jehovah. Dit stel ons in staat om met ander te kommunikeer en ons gedagtes en gevoelens uit te druk. Maar bowenal stel dit ons in staat om ons God te prys.—Ps. 22:23; 1 Kor. 1:4-7.

2 Mans, vroue en kinders word in die Teokratiese Bedieningskool opgelei om Jehovah se naam bekend te maak (Ps. 148:12, 13). Die skoolprogram vir 2002 dek ’n wye verskeidenheid Bybelonderwerpe waarby ons persoonlik baat kan vind en wat ons in die bediening kan gebruik. As ons voorberei vir die skool en daaraan deelneem, kan ons ons kennis verbreed en ons vaardighede as onderrigters van God se Woord verbeter.—Ps. 45:2.

3 Lees die Bybel daagliks: As ons gewoonlik ’n Bybel byderhand het, kan ons enige vrye tyd wat ons het, gebruik om dit te lees. Die meeste van ons het ’n paar minute gedurende die dag wat ons op hierdie manier kan gebruik. Hoe voordelig is dit tog om ten minste een bladsy elke dag te lees, en dit is al wat nodig is om by te bly by die Bybelleesprogram wat in die skoolrooster uiteengesit word!—Ps. 1:1-3.

4 Die vermoë om die Bybel goed te lees, kan ons help om ons luisteraars se hart te bereik en hulle te beweeg om Jehovah te prys. Die broers wat Toespraak nr. 2 in die skool behartig, moet oefen, oefen, oefen deur die toewysing hardop te lees. Die skoolopsiener moet hom prys en raad gee sodat hy sy leesvermoë kan verbeter.

5 Gebruik die Redenering-boek: Toespraak nr. 3 en nr. 4 kom uit die Redenering-boek. Die meeste van ons kan hierdie praktiese hulpmiddel waarskynlik meer dikwels in die veldbediening gebruik. Die susters moet ’n agtergrond kies wat prakties is vir die gebied. Die skoolopsiener moet veral aandag skenk aan hoe hulle onderrig en die Skrif gebruik.

6 Mag die Teokratiese Bedieningskool ons almal help om voort te gaan om ons godgegewe gawe van spraak te gebruik om die goeie nuus bekend te maak en ons groot God, Jehovah, te loof!—Ps. 34:2; Ef. 6:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel