Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/01 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 Desember
  • Week wat begin met 17 Desember
  • Week wat begin met 24 Desember
  • Week wat begin met 31 Desember
  • Week wat begin met 7 Januarie
Ons Koninkryksbediening—2001
km 12/01 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 10 Desember

Lied 205

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik wenke op bladsy 8 en demonstreer hoe om (1) Die Wagtoring van 15 Desember en (2) die Ontwaak! van 22 Desember aan te bied.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Seëninge wat ons ontvang as ons waardering vir Jehovah se liefde toon—Deel 2.”a Nooi die gemeente tydens die bespreking van paragrawe 2-6 om ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle informeel getuig het, briewe geskryf het en telefoongetuieniswerk gedoen het. Reël vooraf om een of twee van hulle te demonstreer.

Lied 222 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Desember

Lied 211

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Sit spesiale velddiensreëlings vir 25, 26 Desember en 1 Januarie uiteen.

22 min: “Hanteer God se Woord reg.”b Sluit ’n realistiese demonstrasie in van die aanbieding in paragraaf 4. Demonstreer ook ’n doeltreffende aanbieding wat plaaslik gebruik is om mense aan te moedig of te vertroos wat oor huidige wêreldtoestande bekommerd is. Vra die gehoor waarom hulle dink dat ’n mens ’n baie doeltreffender getuienis kan gee deur die Bybel te gebruik.

13 min: ‘Julle het julle eie Bybel.’ Gehoorbespreking gebaseer op die Redenering-boek, bladsye 307-8. Wat kan ons sê as mense onwillig is om te luister omdat ons die Nuwe Wêreld-vertaling gebruik? Reël vooraf dat verkondigers die voorgestelde antwoorde in hulle eie woorde gee.

Lied 225 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Desember

Lied 20

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld die lektuuraanbod vir Januarie en watter boeke die gemeente in voorraad het. Gebruik wenke op bladsy 8, en demonstreer twee kort tydskrifaanbiedings, een met Die Wagtoring van 1 Januarie en die ander met die Ontwaak! van 8 Januarie. Laat ’n jong persoon een van hulle doen.

20 min: Benut jou lewe ten volle. Gesinslede bespreek Die Wagtoring van 15 Augustus 1998, bladsye 8-9. Die vader wil hê die gesin moet ’n weg volg wat hulle geluk sal bring en nie tot teleurstelling sal lei nie. Hulle hersien skriftuurlike raad in die artikel wat toon hoe hulle hulle geluk kan verseker en vestig die aandag op die belangrikheid van onderskeidingsvermoë, betekenisvolle prioriteite en vertroue in Jehovah. Hulle bespreek praktiese aanpassings wat hulle as ’n gesin kan maak.

15 min: Ons Koninkryksaal van naderby beskou. Toespraak deur ’n ouer man. Kyk na die toestand van die Koninkryksaal of julle gemeentelike vergaderplek. Is dit skoon, netjies en aantreklik? Maak die sitplekke, klankstelsel en ventilasie dit gerieflik genoeg om vergaderinge te geniet? Is die mat, mure en gordyne skoon? Word die toilette netjies gehou? Word die buitekant van die gebou behoorlik in stand gehou? Wat van die sypaadjie en die parkeerterrein? Meld enigiets wat aandag nodig het of verbeter kan word. Wat word beplan om voor die Gedenkmaal die saal deeglik skoon te maak? Watter herstelwerk moet voor daardie tyd gedoen word? Verduidelik hoe die gemeente kan help. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons plek van aanbidding die prag en waardigheid weerspieël wat met Jehovah se huis geassosieer word.—Ps. 84:2.

Lied 126 en slotgebed.

Week wat begin met 31 Desember

Lied 140

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Desember vir hulle boekstudiehouer te gee. As julle gemeente se vergaderingtye vir die nuwe jaar gaan verander, moet julle almal vriendelik aanmoedig om die vergaderinge gereeld op die nuwe tye by te woon. Maak seker dat alle belangstellendes en enigeen wat onbedrywig is, van die veranderinge weet.

20 min: Betoon aan ouer manne die agting wat hulle verdien. Twee of drie bedieningsknegte bespreek Die Wagtoring van 1 Junie 1999, bladsye 18-19. Hulle lewer kommentaar oor die talle verpligtinge waarna ouer manne moet omsien, onder meer sekulêre werk, gesinsverantwoordelikhede en teokratiese toewysings. Kyk na maniere waarop almal hulle kan aanmoedig, hulle vrag ligter kan maak en hulle leiding kan volg. Die bedieningsknegte stem saam dat ouer manne ’n waardevolle diens lewer en “meer as buitengewone agting” verdien.—1 Tess. 5:12, 13.

15 min: Hoe sou jy antwoord? Verwys kortliks na bladsy 225 in die Redenering-boek, waar ’n duidelike antwoord gegee word op die vraag “Waar kom Jehovah se Getuies aan hulle vertolking van die Bybel?” Hou ’n goed voorbereide demonstrasie van hoe om tydens ’n herbesoek op hierdie vraag te reageer, gevolg deur ’n hartlike uitnodiging om die gemeentelike vergaderinge by te woon.

Lied 219 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Januarie

Lied 218

10 min: Plaaslike aankondigings.

10 min: “Die Teokratiese Bedieningskool vir 2002.” Toespraak deur die skoolopsiener. Moedig almal aan om hulle toewysings ywerig na te kom.

25 min: “Terug skool toe.”c Beklemtoon die probleme waarvoor jongmense te staan kom en hoe ouers hulle kinders kan help. Op skool word ons jongmense aan verskillende vorme van druk onderwerp om hulle respek vir Bybelbeginsels prys te gee, soos deelname aan nasionalistiese seremonies, sport of om klasse by te woon waar godsdiensonderrig gegee word. Bespreek hierdie onderwerpe met behulp van die Skool-brosjure, bladsye 13-15, 22, 23, 26. Hou ’n goed voorbereide demonstrasie van ’n ouer wat aan ’n onderwyser verduidelik waarom ons kinders nie klasse bywoon waar godsdiensonderrig gegee word nie en wat vra dat die kind van hierdie klasse verskoon word.

Lied 24 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel