Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/02 bl. 1
  • ’n Entoesiastiese reaksie!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Entoesiastiese reaksie!
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Video waaroor ons ernstig moet nadink
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Young People Ask—How Can I Make Real Friends?
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Kies jou vriende wyslik
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 4/02 bl. 1

’n Entoesiastiese reaksie!

1 Christengesinne van regoor die wêreld het hulle waardering vir die video Young People Ask—How Can I Make Real Friends? entoesiasties uitgespreek. ’n Vader in die Verenigde State het gesê dat sy seuns, nadat hulle daarna gekyk het, doodstil bly sit het—hulle kon met alles in die video identifiseer! ’n Verslag uit Malawi sê dat jong broers en susters in daardie land ook daarmee kon identifiseer omdat hulle skoolmaats dieselfde druk op hulle uitoefen. ’n Vader in Duitsland het van die video gesê: “Ek beskou dit as ’n antwoord op my gebede.” ’n Jong persoon het gesê: “Dankie dat julle my daaraan herinner het dat Jehovah wel vir my omgee.” ’n Ouer man in Nieu-Seeland het vertel: “Dit het een van ons tieners gehelp om weer op die weg na die lewe te kom.” ’n Getroude volwassene het daarna gekyk en gesê: “Ek wens regtig dat elke jongmens in die waarheid na hierdie video sal kyk en dat dit hom sal beweeg om die waarheid sy eie te maak!” Kyk gerus as gesinne weer daarna. Bespreek ná die tyd dan die volgende vrae.

2 Inleiding: Wat is ’n ware vriend?—Spr. 18:24.

3 Hindernisse op die weg na vriendskap: Hoe kan jy die gevoel dat jy uitgesluit word, te bowe kom? (Fil. 2:4). Waarom moet jy bereid wees om jou persoonlikheid te verbeter, en wie kan jou help om dit te doen? Wat sal geleenthede skep om meer vriende te maak, en waar kan hulle gevind word?—2 Kor. 6:13.

4 Vriendskap met God: Hoe kan jy ’n verhouding met Jehovah opbou, en waarom is dit die moeite werd? (Ps. 34:8). Wie kan jou die beste help om jou vriendskap met God te versterk?

5 Die verkeerde soort vriende: Wie is slegte omgang? (1 Kor. 15:33). Hoe kan die verkeerde vriende jou geestelike ondergang beteken? Wat leer jy uit die Bybelverslag oor Dina?—Gen. 34:1, 2, 7, 19.

6 ’n Hedendaagse drama: Watter uitwerking het eensaamheid op Tara gehad? Hoe het sy haar omgang met wêreldse jongmense geregverdig? Aan watter gevare het hulle haar blootgestel? Waarom het haar ouers nie gesien in watter gevaar sy verkeer nie, maar met watter gesindheid het hulle haar gehelp om geestelik te herstel? Hoe was ’n pioniersuster vir Tara ’n ware vriendin? Waarom moet Christene gehoor gee aan Spreuke 13:20 en Jeremia 17:9? Watter belangrike les het Tara geleer?

7 Slot: Watter lesse het jy uit hierdie video geleer? Hoe kan jy dit gebruik om ander te help?—Ps. 71:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel