Young People Ask—How Can I Make Real Friends?
Jehovah het mense gemaak om met ander te assosieer en vriende te maak (Spr. 17:17; 18:1, 24). As ons wil hê dat hierdie verhoudings wedersyds voordelig moet wees, moet ons ons vriende versigtig kies (Spr. 13:20). Kan jy die volgende vrae beantwoord nadat jy die video Young People Ask—How Can I Make Real Friends? gekyk het?
Inleiding:
(1) Wat is ’n ware vriend?
Hindernisse op die weg na vriendskap:
(2) Hoe kan jy die gevoel dat jy uitgesluit word, te bowe kom? (Fil. 2:4). (3) Waarom moet ons bereid wees om ons persoonlikheid te verbeter, en wie kan ons help om dit te doen? (2 Kor. 13:11). (4) Hoe kan ons geleenthede skep om meer vriende te maak?—2 Kor. 6:13.
Vriendskap met God:
(5) Hoe kan ons ’n hegter verhouding met Jehovah opbou, en waarom is dit die moeite werd? (Ps. 34:8). (6) Watter voordelige vriendskappe kan ons met mense hê as ons Jehovah ons beste vriend maak?
Die verkeerde soort vriende:
(7) Wie is slegte maats? (1 Kor. 15:33). (8) Hoe kan die verkeerde vriende iemand se geestelike ondergang beteken?
’n Hedendaagse drama:
(9) Wat leer ons uit die Bybelverslag oor Dina? (Gen. 34:1, 2, 7, 19). (10) Hoe het Tara haar assosiasie met ongelowige jongmense geregverdig? (11) Aan watter gevare het Tara se skoolvriende haar blootgestel? (12) Waarom het Tara se ouers nie gesien in watter gevaar sy verkeer nie, maar met watter gesindheid het hulle haar gehelp om geestelik te herstel? (13) Hoe het ’n pioniersuster getoon dat sy ’n ware vriendin vir Tara is? (14) Hoe het Tara haar beskouing verander?
Slot:
(15) Watter lesse het jy uit hierdie video geleer? (16) Hoe kan jy hierdie video gebruik om ander te help?
Laat ons vriende kies wat ons sal help om die heel beste vriendskap—vriendskap met God—te behou!—Ps. 15:1, 4; Jes. 41:8.