Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/02 bl. 4
  • Wees tevrede met wat jy het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees tevrede met wat jy het
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan ryk wees!
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soek die Koninkryk, nie dinge nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Toon geloof deur vergenoeg te wees
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Kan godsdiens in ons behoeftes voorsien?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 6/02 bl. 4

Wees tevrede met wat jy het

1 Die Skrif vermaan ons om in die materiële behoeftes van ons huisgesin te voorsien, maar dit moenie die middelpunt van ons lewe word nie. Geestelike dinge moet eerste kom (Matt. 6:33; 1 Tim. 5:8). Dit is ’n uitdaging om in hierdie “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom”, die regte balans te vind (2 Tim. 3:1). Wat sal ons help om dit te doen?

2 Maak die Bybel se beskouing jou eie: God se Woord waarsku dat die najaging van rykdom ons geestelike ondergang kan beteken (Pred. 5:10; Matt. 13:22; 1 Tim. 6:9, 10). In hierdie kritieke tyd sal dit vir enigeen van ons rampspoedig wees as sekulêre werk of finansiële bekommernisse soveel van ons aandag in beslag neem dat geestelike bedrywighede—vergaderinge, studie en velddiens—nie meer die eerste plek in ons lewe beklee nie (Luk. 21:34-36). In teenstelling hiermee maan die Bybel: “As ons dan voedsel, klere en onderdak het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.”—1 Tim. 6:7, 8.

3 Dit beteken nie dat daar van Christene verwag word om in selfopgelegde armoede te lewe nie. Maar dit help ons om te sien wat ons materiële behoeftes werklik is—voldoende voedsel, klere en behuising na gelang van waar ons woon. As ons hierdie lewensmiddele het, moet ons nie voortdurend ’n hoër lewenstandaard najaag nie. Wanneer ons dit oorweeg om iets te koop of ekstra werk te doen, sal dit goed wees as ons ons afvra: ‘Is dit werklik nodig?’ Dit sal ons help om aan hierdie geïnspireerde raad gehoor te gee: “Laat julle lewenswyse vry wees van die liefde vir geld, terwyl julle tevrede is met die teenwoordige dinge.”—Heb. 13:5.

4 As ons op Jehovah vertrou, sal hy ons seën (Spr. 3:5, 6). Hoewel ons hard moet werk om in ons daaglikse behoeftes te voorsien, maak ons hierdie dinge nie die middelpunt van ons lewe nie. Of ons nou min of baie het, ons vertrou op Jehovah om te voorsien wat ons nodig het (Fil. 4:11-13). Gevolglik geniet ons godvrugtige tevredenheid sowel as baie ander seëninge.

5 Volg die geloof van ander na: ’n Enkelouer wat haar dogter in die weg van die waarheid grootgemaak het, het haar lewe geleidelik vereenvoudig. Hoewel sy in ’n gerieflike huis gebly het, het sy na ’n kleiner huis en later na ’n woonstel getrek. Dit het haar in staat gestel om minder ure te werk sodat sy meer tyd aan die bediening kon bestee. Nadat haar dogter grootgeword en getrou het, het die ma vroeg afgetree, al het dit beteken dat haar inkomste nog kleiner sou wees. Ons suster is nou in haar sewende jaar as ’n gewone pionier en is glad nie spyt oor die materiële opofferinge wat sy gemaak het sodat sy Koninkryksbelange eerste in haar lewe kon stel nie.

6 ’n Ouer man en sy vrou het jare lank gepionier terwyl hulle drie kinders grootgemaak het. As ’n gesin het hulle geleer om tevrede te wees met wat hulle nodig gehad het en nie die dinge na te jaag wat hulle wou hê nie. Die broer sê: “Ons moes eenvoudiger lewe. Hoewel ons by tye gesukkel het, het Jehovah ons altyd van die nodige voorsien. . . . Wanneer ek sien dat my gesin geestelike dinge op hierdie manier eerste stel, voel ek dat alles is soos dit hoort, en ek voel dat ek iets bereik het.” Sy vrou voeg by: “Wanneer ek sien dat [my man] met geestelike sake besig is, voel ek ’n diep innerlike tevredenheid.” Die kinders is ook bly dat hulle ouers besluit het om Jehovah voltyds te dien.

7 Vir almal wat so ’n weg van godvrugtige toegewydheid bo die najaging van materiële dinge kies, belowe die Bybel ryk seëninge in die teenswoordige sowel as die toekomstige lewe.—1 Tim. 4:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel