Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/02 bl. 3
  • Toon waardering vir die lektuur

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon waardering vir die lektuur
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Saai volop om volop te maai
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Waardeer jy ons lektuur?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Gebruik ons Bybellektuur wyslik
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 6/02 bl. 3

Toon waardering vir die lektuur

1 “Aan die maak van baie boeke kom geen einde nie” (Pred. 12:12). Talle boeke is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Maar dit is nie die geval met die lektuur wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word nie. Dit is waardevol omdat dit lewegewende geestelike voedsel bevat. Dit help belangstellendes om Jehovah te leer ken, en dit versterk die geloof van diegene wat reeds Jehovah se toegewyde knegte is.

2 Ons wil hê dat ander ons lektuur moet lees, aangesien ons weet dat hulle daarby baat kan vind. Hoewel dit kosteloos voorsien word, is daar uitgawes verbonde aan die vervaardiging en verspreiding daarvan. Daarom wil ons nie ons publikasies sommer net voor die voet uitdeel nie. As ons nie seker is of die huisbewoner werklik belangstel nie, sal ons gewoonlik net een eksemplaar van Die Wagtoring of Ontwaak! of dalk slegs ’n traktaat aanbied. Ons moet teruggaan na almal wat lektuur geneem het, en as hulle dan belangstelling toon, kan ons nog ’n publikasie aanbied.

3 Party huiwer om vir huisbewoners te sê dat die werk deur vrywillige bydraes ondersteun word, maar in die meeste gevalle is dit goed om dit te doen. Dit wys duidelik vir huisbewoners dat ons werk nie kommersieel is nie. Dit vestig hulle aandag daarop dat dit ons doel is om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig en dissipels te maak. Dit help ons om te sien of iemand werklik belangstel. Mense het dikwels geld vir dinge soos tabak en wêreldse lektuur. As hulle opreg belangstel in wat jy vir hulle gesê het, sal hulle insien dat dit redelik is om by te dra ter ondersteuning van die ware Christelike godsdiens. Deur te verduidelik hoe die werk ondersteun word, toon ons ons waardering vir die lektuur. Ons toon ook dat ons bewus is van die feit dat dit iets kos om die lektuur te druk.

4 Wanneer ons bydraereëling behoorlik verduidelik word, is baie huisbewoners heel bereid om ons lewensbelangrike werk te ondersteun. Daar is dalk tye wanneer jy voel dat dit nie gepas is om die bydraereëling te noem nie, maar dit is gewoonlik goed om dit tydens die eerste besoek te noem wanneer die huisbewoner daarin belangstel om die lektuur te lees wat ons aanbied.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel