Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/03 bl. 3-4
  • Wees ywerig om ‘deeglik te getuig’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees ywerig om ‘deeglik te getuig’
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Praat oor die heerlikheid van God se koningskap
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Is jy gereed vir informele getuieniswerk?
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Jy kan informeel getuig!
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Getuig informeel
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 6/03 bl. 3-4

Wees ywerig om ‘deeglik te getuig’

1, 2. Wat beïndruk jou oor hoe Paulus die verkondiging van die goeie nuus beskou het, en hoe kan ons sy voorbeeld navolg om ‘deeglik te getuig’?

1 Soos Jesus en baie ander getroue knegte van ouds, was die apostel Paulus ’n ywerige verkondiger van die goeie nuus en het hy ‘deeglik getuig’ ongeag waar hy hom bevind het. Selfs toe hy onder huisarres was, het hy “almal wat na hom toe ingekom het, vriendelik ontvang en die koninkryk van God aan hulle verkondig en die dinge aangaande die Here Jesus Christus geleer met die grootste vrymoedigheid van spraak”.—Hand. 28:16-31.

2 Ons kan ook te alle tye ywerig wees om ‘deeglik te getuig’. Dit sluit in dat ons getuig vir mense wat ons teëkom terwyl ons inkopies doen, wanneer ons by die werk of skool is en wanneer ons na byeenkomste toe en terug reis.—Hand. 28:23; Ps. 145:10-13.

3. Hoe kan ons voorkom dat ons informele getuieniswerk net terloops gebeur?

3 Terloopse of informele getuieniswerk? Is daar ’n verskil? Ja. Wanneer iets terloops gebeur, gebeur dit bloot toevallig, asof dit nie beplan of belangrik is nie. Dit is beslis nie ’n beskrywing van ons bediening nie. Soos dit met Paulus die geval was, is dit vir ons belangrik om God deur ons getuieniswerk te verheerlik, en dit moet ons doel wees om te getuig waar dit ook al gepas is. Maar hoe ons ander nader, kan tereg as informeel beskryf word—dit wil sê op ’n ontspanne, vriendelike en nieamptelike wyse. Hierdie benadering kan goeie resultate tot gevolg hê.

4. Wat het Paulus in staat gestel om te getuig terwyl hy onder huisarres was?

4 Berei voor om te getuig: Paulus moes geleenthede skep om te getuig terwyl hy in Rome onder huisarres was. Hy het die inisiatief geneem om die plaaslike Joodse leiers na sy huis te nooi (Hand. 28:17). Al was daar ’n Christengemeente in Rome, het Paulus agtergekom dat die Joodse gemeenskap in daardie stad min eerstehandse kennis van die Christelike geloof gehad het (Hand. 28:22; Rom. 1:7). Hy het nie gehuiwer om ‘deeglik te getuig’ aangaande Jesus Christus en die Koninkryk van God nie.

5, 6. Watter geleenthede het ons dalk om informeel te getuig, en watter voorbereidings kan ons tref om dit doeltreffend te doen?

5 Dink aan die mense met wie jy in aanraking kom wat min van Jehovah se Getuies weet. Hulle weet miskien nie eers dat ons ’n gratis tuisbybelstudie aanbied nie. Wees op die uitkyk na geleenthede om te getuig wanneer jy reis, langs die pad stilhou, petrol ingooi, inkopies doen, in hotelle oorbly, in restaurante eet, openbare vervoer gebruik, en so meer. Dink vooraf wat jy sal sê om ’n gesprek te begin en ’n kort getuienis te gee. In die dae wat voorlê, kan jy oefen deur vir jou bure, familielede, werksmaats en ander kennisse informeel te getuig.

6 Jy sal sekere publikasies nodig hê wanneer jy informeel getuig. Watter? Jy kan die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? gebruik. Verwys na die eerste vyf paragrawe, waar verskeie redes gegee word waarom ons die Bybel moet lees. Wys die persoon die koepon agterop waar hy ’n gratis tuisbybelstudie kan aanvra. Wanneer jy iemand vind wat belangstelling toon, kan jy die Vereis-brosjure aanbied. Neem die boekie Good News for All Nations saam ingeval jy mense teëkom wat ’n ander taal praat. Bladsy 2 verduidelik hoe ons dit kan gebruik om ’n getuienis te gee. Wanneer jy per motor reis, sal jy moontlik ’n paar ander publikasies kan saamneem vir diegene wat opregte belangstelling in die Koninkryksboodskap toon.

7, 8. Op watter raad oor ons voorkoms en gedrag moet ons let wanneer ons reis en ontspan?

7 Let op jou voorkoms en gedrag: Ons moet seker maak dat ons gedrag sowel as ons kleredrag en persoonsversorging ander nie ’n verkeerde indruk gee of hulle teen Jehovah se organisasie laat praat nie (Hand. 28:22). Dit geld nie net wanneer ons die vergaderinge en byeenkomste bywoon nie, maar ook wanneer ons reis en ontspan. Die Wagtoring van 1 Augustus 2002, bladsy 18, paragraaf 14, het gesê: “Ons voorkoms [moet] nie spoggerig, vreemd, verleidelik, gewaagd of ultramodern wees . . . nie. En ons moet aantrek op ’n manier wat toon dat ons ‘God vereer’. Dit gee ’n mens stof tot nadenke, nie waar nie? Ons moenie net reg aantrek wanneer ons gemeentelike vergaderinge [of byeenkomste] bywoon en dan op ander tye versuim om op ons kleredrag te let nie. Ons voorkoms moet altyd ’n godvresende, eerbiedige gesindheid weerspieël, want ons is 24 uur per dag Christene en bedienaars.”—1 Tim. 2:9, 10.

8 Ons kleredrag moet van beskeidenheid en waardigheid getuig. As ons voorkoms en gedrag altyd ons geloof in God weerspieël, sal ons nooit huiwerig voel om informeel te getuig omdat ons persoonlike voorkoms veel te wense oorlaat nie.—1 Pet. 3:15.

9. Hoe suksesvol was Paulus in sy getuieniswerk in Rome?

9 Informele getuieniswerk is produktief: Gedurende die twee jaar dat Paulus onder huisarres in Rome was, het hy die goeie resultate van sy getuieniswerk gesien. Lukas het berig dat “party . . . die dinge wat gesê is, begin glo” het (Hand. 28:24). Paulus self het geskryf hoe suksesvol hy was toe hy ‘deeglik getuig’ het: “My aangeleenthede [het] eerder op die vooruitgang van die goeie nuus as op iets anders uitgeloop . . . , sodat my boeie in verbintenis met Christus algemeen bekend geword het onder die hele pretoriaanse wag en al die ander; en die meeste van die broers in die Here lê al hoe meer moed aan die dag om die woord van God onbevrees te spreek, omdat hulle weens my gevangenisboeie vertroue gekry het.”—Fil. 1:12-14.

10. Watter sukses het ’n egpaar verlede jaar gehad toe hulle informeel getuig het?

10 ’n Egpaar het verlede jaar, ná ’n dag by die streekbyeenkoms, ’n goeie ondervinding gehad toe hulle informeel getuig het vir ’n kelnerin wat hulle oor hulle lapelkaartjies uitgevra het. Hulle het haar van die byeenkoms vertel en ook van die toekomshoop wat die Bybel die mens bied. Hulle het haar die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? gegee, en die reëling vir ’n gratis tuisbybelstudie verduidelik. Die vrou het gevra dat iemand haar kom besoek, sy het haar naam en adres agterop die traktaat ingevul en die egpaar gevra om die reëlings te tref. Watter sukses kan jy geniet deur ywerig te wees om ‘deeglik te getuig’?

11. Watter eienskappe moet ons aankweek sodat ons die goeie nuus kan bevorder deur ‘deeglik te getuig’?

11 Bevorder die goeie nuus ywerig: Stel jou voor hoe bly Paulus was toe hy gehoor het dat mede-Christene sy ywerige voorbeeld navolg! Laat ons alles doen wat ons kan om die goeie nuus te bevorder deur informeel oor ons Bybelse oortuigings te getuig.

[Venster op bladsy 3]

Publikasies wat nodig is vir informele getuieniswerk

■ Wil jy graag die Bybel beter leer ken? (traktaat)

■ Wat vereis God van ons? (brosjure)

■ Good News for All Nations (boekie)

■ Ander publikasies

[Venster op bladsy 4]

Moet hulle nie vergeet nie!

Wie moet ons nie vergeet nie? Al die belangstellendes wat die herdenking van Christus se dood of die spesiale toespraak bygewoon het. Het ons hulle genooi om die vergaderinge by die Koninkryksaal by te woon? Baie sal waarskynlik kom as hulle vriendelik aangemoedig word. Die opbouende omgang by die vergaderinge en die bemoedigende geestelike program sal hulle help om nader aan Jehovah en aan sy organisasie te kom. Nooi hulle dus gerus, en kyk wat gebeur. Gee hulle al die besonderhede wat hulle nodig het, onder meer die vergaderingtye en wat by die verskeie vergaderinge bespreek gaan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel