Gebruik die Aanbid God-boek om Bybelstudies te hou
Die boek Aanbid die enigste ware God is bedoel om nuwelinge te help om vordering in die waarheid te maak en hulle waardering vir Jehovah en sy organisasie te vergroot. Dit kan as die tweede studieboek met Bybelstudente gestudeer word. Ons Koninkryksbediening vir Junie 2000, bladsy 4, het verduidelik: “As dit duidelik is dat iemand vordering maak, al is dit stadig, en dat hy waardering opbou vir wat hy leer, kan jy die Bybelstudie in ’n tweede boek voortsit nadat die Vereis-brosjure en die Kennis-boek voltooi is. . . . In alle gevalle sal die Vereis-brosjure en die Kennis-boek eers gestudeer word. Julle moet die Bybelstudie, herbesoeke en tyd wat verder aan die studie bestee word, tel en rapporteer, selfs al word die student gedoop voor die tweede boek voltooi is.”
Wie anders kan baat vind by ’n Bybelstudie in die Aanbid God-boek? Dieselfde artikel sê verder: “As jy . . . van iemand weet wat [die Vereis-brosjure en] die Kennis-boek in die verlede gestudeer het, maar nooit tot toewyding en doop gevorder het nie, kan jy dalk die inisiatief neem om uit te vind of hulle hulle Bybelstudie wil voortsit.” Laat ons ’n spesiale poging aanwend om gedurende April en Mei studies in die Aanbid God-boek met hierdie persone te begin.