Vraebus
◼ Watter publikasies moet ons met nuwelinge studeer voor hulle gedoop word?
Voordat iemand sy lewe aan Jehovah kan toewy en hom kan laat doop, moet hy juiste kennis inneem (Joh. 17:3). Hy sal die inligting wat hy nodig het, verkry deur beide die brosjure Wat vereis God van ons? en die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei te studeer. In die meeste gevalle sal die Vereis-brosjure eerste studeer word. Maar as die studie in die Kennis-boek begin is, moet die Vereis-brosjure studeer word nadat die boek voltooi is. Waarom is dit nodig?
Die Vereis-brosjure voorsien ’n oorsig van basiese Bybelleerstellings. As dit eerste studeer word, sal dit die student ’n fundamentele begrip gee van die vereistes om Jehovah te behaag. As dit laaste studeer word, sal dit as ’n goeie hersiening dien van wat in die Kennis-boek gedek is. In albei gevalle moet die student aangemoedig word om die stawende tekste na te slaan en daaroor te peins. Maak ’n punt daarvan om die prente te beklemtoon, aangesien hulle baie doeltreffende onderrigmiddels is.—Sien Die Wagtoring van 15 Januarie 1997, bladsye 16-17.
Wanneer ’n Bybelstudent albei publikasies voltooi het, behoort hy al die vrae te kan beantwoord wat die ouer manne met hom sal hersien ter voorbereiding vir sy doop. Indien dit die geval is, sal dit dalk nie nodig wees om ’n formele studie uit enige ander publikasie met hom te hou nie, hoewel die studiehouer steeds ’n daadwerklike belangstelling in sy vordering moet toon.—Sien Die Wagtoring van 15 Januarie 1996, bladsye 14, 17.