Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/04 bl. 4
  • ‘Word verruim’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Word verruim’
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou vriendskappe in ’n liefdelose wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Kan jy verruim word in jou liefde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Jy kan blywende vriendskappe geniet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Kies jou vriende wyslik
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 5/04 bl. 4

‘Word verruim’

1. Watter verantwoordelikheid het elkeen van ons?

1 In die Christenbroederskap het elkeen van ons ’n verantwoordelikheid om tot die hartlikheid van die gemeente by te dra (1 Pet. 1:22; 2:17). Sulke hartlikheid bestaan wanneer ons “verruim word” in ons tere geneenthede vir mekaar (2 Kor. 6:12, 13). Waarom is dit belangrik om ons broers en susters goed te leer ken?

2. Waarom is dit belangrik om vriendskappe met medegelowiges aan te kweek?

2 Vriendskappe word hegter: Wanneer ons ons medegelowiges beter leer ken, waardeer ons hulle geloof, volharding en ander goeie eienskappe meer. Hulle tekortkominge lyk nie vir ons so groot nie, en die bande van vriendskap word hegter. Omdat ons mekaar goed ken, is ons in ’n beter posisie om mekaar op te bou en te vertroos (1 Tess. 5:11). Ons kan “’n versterkende hulp” vir mekaar word om die skadelike invloede van Satan se wêreld te weerstaan (Kol. 4:11). Hoe dankbaar is ons tog dat ons in hierdie spanningsvolle laaste dae goeie vriende onder Jehovah se volk het!—Spr. 18:24.

3. Hoe kan ons ’n versterkende hulp vir ander wees?

3 Intieme vriende kan ’n spesiale bron van krag en vertroosting wees wanneer ons voor swaar beproewinge te staan kom (Spr. 17:17). Een Christen wat met gevoelens van waardeloosheid geworstel het, sê: “Van my vriende het positiewe dinge oor my gesê om my te help om my negatiewe gevoelens te oorkom.” Sulke vriende is ’n seën van Jehovah.—Spr. 27:9.

4. Hoe kan ons ander in die gemeente beter leer ken?

4 Bevriend ander: Hoe kan ons verruim word in ons tere geneenthede vir medegelowiges? Buiten dat ons ander by Christelike vergaderinge groet, kan ons ’n poging aanwend om betekenisvolle gesprekke met hulle aan te knoop. Toon persoonlike belangstelling sonder om jou met hulle privaat sake te bemoei (Fil. 2:4; 1 Pet. 4:15). Nog ’n manier om ander te bevriend, is om hulle vir ’n maaltyd te nooi (Luk. 14:12-14). Of jy kan reël om saam met hulle in die veldbediening te werk (Luk. 10:1). Wanneer ons die inisiatief neem om ons broers beter te leer ken, bevorder ons eenheid in die gemeente.—Kol. 3:14.

5. Wat is een manier waarop ons ons vriendekring kan uitbrei?

5 Is ons geneig om ons intieme vriende te kies slegs uit dié van ons eie ouderdomsgroep of dié wat in soortgelyke dinge as ons belangstel? Ons moenie toelaat dat sulke faktore die vriendskappe beperk wat ons in die gemeente aankweek nie. Dawid en Jonatan sowel as Rut en Naomi het hegte vriendskapsbande gesmee ondanks verskille in hulle ouderdom en agtergrond (Rut 4:15; 1 Sam. 18:1). Kan jy jou vriendekring uitbrei? Dit kan onverwagte seëninge meebring as jy dit doen.

6. Wat is van die voordele as ons verruim word in ons tere geneenthede vir ons broers?

6 Deur verruim te word in ons tere geneenthede vir ander, versterk ons mekaar en bevorder ons vrede in die gemeente. Daarbenewens seën Jehovah ons vir die liefde wat ons aan ons broers betoon (Ps. 41:1, 2; Heb. 6:10). Maak dit gerus jou doelwit om soveel moontlik van die broers beter te leer ken.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel