Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/04 bl. 1
  • Behou ’n gevoel van dringendheid!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Behou ’n gevoel van dringendheid!
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou jou gevoel van dringendheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Behou jou gevoel van dringendheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Hoe om ’n gevoel van dringendheid vir die predikingswerk aan te kweek
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Vergroot jou aandeel aan die getuieniswerk namate die einde nader kom
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 11/04 bl. 1

Behou ’n gevoel van dringendheid!

1 Jesus het geweet dat hy ’n beperkte tyd op aarde het om sy Vader se werk te volbring (Joh. 9:4). Daarom het hy sy bediening met ’n gevoel van dringendheid uitgevoer en sy dissipels geleer om dit ook te doen (Luk. 4:42-44; 8:1; 10:2-4). Materiële gerief was vir hom van minder belang (Matt. 8:20). Hy kon dus die werk volbring wat Jehovah hom gegee het om te doen.—Joh. 17:4.

2 Beperkte tyd: Die tyd om die goeie nuus in “die hele bewoonde aarde” te verkondig, is ook beperk (Matt. 24:14). Bybelprofesieë toon dat ons diep in die tyd van die einde lewe. Binnekort sal “dié wat God nie ken nie en dié wat die goeie nuus oor ons Here Jesus nie gehoorsaam nie . . . as regterlike straf ewige vernietiging ondergaan” (2 Tess. 1:6-9). Hierdie oordeel sal baie skielik kom (Luk. 21:34, 35; 1 Tess. 5:2, 3). Mense moet bewus word van die gevaarlike situasie waarin hulle verkeer. Dit is ons verantwoordelikheid om hulle te help om Jehovah se guns te probeer verkry terwyl daar nog tyd is.—Sef. 2:2, 3.

3 Ons moet alles in ons vermoë doen: Aangesien God se knegte besef dat ‘die oorblywende tyd kort is’, gee hulle voorrang aan die predikingswerk (1 Kor. 7:29-31; Matt. 6:33). Party het geleenthede op ekonomiese gebied of ander persoonlike strewes prysgegee sodat hulle ’n groter aandeel aan die bediening kan hê (Mark. 10:29, 30). Ander het ondanks voortdurende beproewinge nog steeds “baie . . . om in die werk van die Here te doen” (1 Kor. 15:58). Baie maak die goeie nuus al dekades lank in die openbaar bekend sonder om te wankel (Heb. 10:23). Jehovah stel al hierdie opofferings ter bevordering van Koninkryksbelange hoog op prys.—Heb. 6:10.

4 As ons ons lewe laat draai om die aanbidding van Jehovah, wat die predikingswerk insluit, help dit ons om Jehovah se dag goed in gedagte te hou. Dit beskerm ons sodat ons aandag nie deur Satan se wêreld afgelei word nie en maak ons nog meer vasbeslote om heilige gedrag te handhaaf (2 Pet. 3:11-14). Ja, as ons ons bediening met ’n gevoel van dringendheid uitvoer, kan dit lewensreddend wees, vir ons sowel as vir dié wat na ons luister.—1 Tim. 4:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel