Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/05 bl. 1
  • Die predikingswerk help ons om te volhard

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die predikingswerk help ons om te volhard
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Bly na aan Jehovah se organisasie
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • “Laat die volharding sy werk voltooi”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Volharding—noodsaaklik vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Volharding wat die oorwinning behaal
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 6/05 bl. 1

Die predikingswerk help ons om te volhard

1 God se Woord spoor ons aan om “die wedloop wat voor ons gestel is, met volharding [te] hardloop” (Heb. 12:1). Net soos ’n hardloper volharding nodig het om met welslae mee te ding, het ons ook volharding nodig om die ewige lewe as prys te ontvang (Heb. 10:36). Hoe kan die Christelike bediening ons help om tot die einde toe getrou te volhard?—Matt. 24:13.

2 Ons word geestelik versterk: Wanneer ons die Bybel se wonderlike belofte van ’n regverdige nuwe wêreld verkondig, help dit ons om ons eie hoop helder voor oë te hou (1 Tess. 5:8). ’n Gereelde deelname aan die veldbediening bied ons die geleentheid om die waarhede bekend te maak wat ons uit die Bybel geleer het. Ons het ook die geleentheid om ons geloof te verdedig, en dit help weer om ons geestelik te versterk.

3 Ons moet self Bybelwaarhede goed verstaan om ander op doeltreffende wyse te kan onderrig. Ons moet oor die inligting navorsing doen en daaroor peins. Sulke ywerige inspanning verbreed ons kennis, versterk ons geloof en is geestelik verkwikkend (Spr. 2:3-5). Wanneer ons ander probeer help, versterk ons dus onsself.—1 Tim. 4:15, 16.

4 ’n Ywerige deelname aan die bediening is ’n noodsaaklike deel van “die volle wapenrusting van God”, wat ons nodig het om vas te staan teen die Duiwel en die demone (Ef. 6:10-13, 15). Wanneer ons met heilige diens besig is, help dit ons om ons verstand op opbouende sake gerig te hou en om nie deur Satan se wêreld verderf te word nie (Kol. 3:2). Terwyl ons ander Jehovah se weë leer, word ons voortdurend daaraan herinner dat óns heilige gedrag moet handhaaf.—1 Pet. 2:12.

5 God gee ons krag: Laastens leer ons om op Jehovah te vertrou wanneer ons aan die evangelisasiewerk deelneem (2 Kor. 4:1, 7). Watter seën is dit tog! Wanneer ons hierdie vertroue opbou, rus dit ons toe om nie net ons bediening uit te voer nie, maar ook om enige situasie die hoof te bied waarvoor ons dalk in die lewe te staan kom (Fil. 4:11-13). Ja, om te leer om volkome op Jehovah te vertrou, is die sleutel tot volharding (Ps. 55:22). Die predikingswerk help ons op baie maniere om te volhard.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel