Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/05 bl. 6
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Hersiening Van Spesiale Byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Is jou oog “reg”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Hou jou oog eenvoudig
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—2004
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 8/05 bl. 6

Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Die oog is wonderlik ontwerp (Ps. 139:14). En tog kan dit op net een ding op ’n slag fokus. Dit is in letterlike sowel as figuurlike sin waar. As ons wil hê dat ons geestelike sig helder en in fokus moet wees, moet ons ons aandag daarop toespits om God se wil te doen. Aangesien die afleidings in Satan se wêreld, al hoe meer word, is dit uiters gepas dat die tema “Hou jou oog eenvoudig” tydens die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 2006-diensjaar bespreek sal word!—Matt. 6:22.

Wat kan ons doen sodat ons seëninge van Jehovah sal ontvang? (Spr. 10:22). Hierdie vraag sal bespreek word in die deel “Maai seëninge omdat jy jou oog eenvoudig hou”. Onderhoude sal die aandag vestig op hoe ons daarby kan baat vind as ons skriftuurlike beginsels toepas. Die eerste toespraak deur die besoekende spreker, “Hou jou oog eenvoudig in ’n goddelose wêreld”, sal ons waarsku teen dinge wat ons lewe kan kompliseer en ons geestelikheid geleidelik kan verdring. Ons sal ook leer wat daarby betrokke is om “die goeie deel” te kies.—Luk. 10:42.

Wat kan ouers en ander doen om jong Christene aan te spoor om hulle op geestelike strewes toe te spits? Die dele “Ouers wat hulle pyle reg rig” en “Jongmense wat geestelike doelwitte nastreef” sal kommentaar deur ouers en jongmense oor hierdie belangrike vraag insluit (Ps. 127:4). Die slottoespraak deur die besoekende spreker sal handel oor hoe ons as individue, as gesinne en as ’n gemeente met Jehovah se organisasie kan tred hou.

Of ons onlangs met die waarheid kennis gemaak het of Jehovah al dekades lank dien, dit is noodsaaklik dat ons ‘ons oog eenvoudig hou’. Die program vir die spesiale byeenkomsdag sal ons help om dit te doen.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel