Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/06 bl. 1
  • Wat stel jy eerste?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat stel jy eerste?
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • “Het jy my liewer as hulle?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Is jou ontspanning voordelig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Gee noukeurig aandag aan persoonlike organisasie
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Laat niks jou van Jehovah vervreem nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 10/06 bl. 1

Wat stel jy eerste?

1 Hoe sal jy hierdie vraag beantwoord? Ons wil almal natuurlik Koninkryksbelange eerste stel (Matt. 6:33). Maar ons kan ons afvra: ‘Toon die besluite wat ek neem, dat ek dit doen?’ Die Bybel spoor ons aan: “Stel julleself voortdurend op die proef” (2 Kor. 13:5). Hoe kan ons onsself op die proef te stel om te sien of ons die Koninkryk eerste stel?

2 Ons tyd: Ons kan begin deur te kyk na hoe ons ons tyd bestee (Ef. 5:15, 16). Hoeveel tyd word elke week daaraan bestee om sosiaal te verkeer, televisie te kyk, op die Internet rond te snuffel of ’n stokperdjie te beoefen? As ons neerskryf hoeveel tyd ons aan sulke bedrywighede bestee en dit vergelyk met hoeveel tyd ons aan geestelike bedrywighede bestee, sal ons dalk verbaas wees. Bring ons lang ure by die werk deur ten koste van heilige diens net sodat ons luukshede kan bekostig? Hoe dikwels ly ons bywoning van vergaderinge of ons deelname aan die bediening daaronder omdat ons oor naweke weggaan vir ontspanning?

3 Stel prioriteite vas: Die meeste van ons het nie genoeg tyd om by alles uit te kom wat ons graag wil doen nie. Om Koninkryksbelange eerste te stel, moet ons dus na ons prioriteite kyk en dan tyd vir “die belangriker dinge” opsysit (Fil. 1:10). Dit sluit in om God se Woord te bestudeer, aan die bediening deel te neem, vir ons gesin te sorg en Christelike vergaderinge by te woon (Ps. 1:1, 2; Rom. 10:13, 14; 1 Tim. 5:8; Heb. 10:24, 25). Ander bedrywighede, soos matige oefening en heilsame ontspanning, is voordelig (Mark. 6:31; 1 Tim. 4:8). Maar hierdie minder belangrike dinge moet op hulle plek gehou word.

4 Een jong broer het Koninkryksbelange eerste probeer stel deur die voltydse bediening te betree eerder as om naskoolse opleiding na te jaag om vir ’n sekulêre loopbaan voor te berei. Hy het ’n ander taal aangeleer en getrek na waar daar hulp nodig is. Hy het gesê: “Ek geniet dit gate uit om hier te wees. Die bediening is so verkwikkend! Ek wens net dat elke jongmens so iets kan doen en dieselfde gevoelens kan ervaar. Daar is niks beters as om Jehovah met alles wat ons het, te dien nie.” Ja, as ons die Koninkryk eerste stel, bring dit vir ons seëninge mee, maar nog belangriker, dit behaag ons hemelse Vader, Jehovah.—Heb. 6:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel