Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/07 bl. 8
  • Moenie die onbedrywiges vergeet nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moenie die onbedrywiges vergeet nie
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Help onbedrywige persone
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • “Keer terug na my”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Help hulle om sonder versuim terug te keer!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2007
km 2/07 bl. 8

Moenie die onbedrywiges vergeet nie

1. Waarom moet ons probeer om dié wat onbedrywig geword het, aan te moedig?

1 Ken jy iemand wat onbedrywig geword het? Hy het dalk opgehou om met die gemeente om te gaan en weggedryf. Jy het miskien in die huis-tot-huis-bediening by so iemand uitgekom. Ons moet in gedagte hou dat die persoon nog steeds ons geestelike broer is. Ons wil ons liefde vir hom bevestig en hom help om na die gemeente en tot ‘die herder en opsiener van ons siele’ terug te keer.—1 Pet. 2:25.

2. Hoe kan ons iemand wat onbedrywig geword het, aanmoedig?

2 Toon belangstelling: ’n Kort telefoonoproep of besoek kan iemand wat onbedrywig geword het, die versekering gee dat ons nie van hom vergeet het nie. Wat kan ons sê? Ons kan aanmoedigend wees deur eenvoudig vir die persoon te sê dat ons aan hom gedink het. Hou die gesprek positief en opbouend (Fil. 4:8). Ons kan ’n gedagte meld wat ons by ’n onlangse vergadering geniet het. Ons kan hom ook na ’n komende vergadering of byeenkoms nooi en aanbied om vir hom ’n sitplek te hou of vervoer te verskaf.

3. Hoe is een suster gehelp om weer bedrywig te word?

3 ’n Suster wat meer as 20 jaar lank onbedrywig was, is in die gebied gevind. Hoewel sy nie bereid was om ’n Bybelstudie te aanvaar nie, het die suster wat haar gevind het, na haar toe teruggegaan en die jongste tydskrifte by haar gelaat. Ná die streekbyeenkoms het die verkondiger die onbedrywige suster van ’n paar byeenkomshoogtepunte vertel, en sy het uiteindelik weer bedrywig geword.

4. Hoe moet ons iemand behandel wat weer met die gemeente begin omgaan deur vergaderinge by te woon?

4 Wanneer iemand terugkeer: Hoe moet ons ’n onbedrywige broer behandel wanneer hy die vergaderinge weer begin bywoon? Wel, hoe het Jesus sy dissipels behandel nadat hulle hom tydelik verlaat het? Hy het hartlik na hulle as sy “broers” verwys en getoon dat hy vertroue in hulle het. Hy het hulle selfs ’n belangrike toewysing gegee (Matt. 28:10, 18, 19). Kort daarna was hulle besig om die goeie nuus “sonder ophou” bekend te maak.—Handelinge 5:42.

5. Meld situasies waarin ons met die ouer manne moet praat oor ’n onbedrywige.

5 Voordat ons aanbied om die Bybel te studeer met iemand wat onbedrywig geword het, of voordat ons ’n broer wat al lank onbedrywig is, nooi om saam met ons velddiens te doen, moet ons die ouer manne se leiding vra. As ons ’n onbedrywige verkondiger in die gebied teëkom, moet ons die ouer manne daarvan vertel sodat hulle die nodige hulp kan verleen.

6. Watter vreugde kan ons smaak wanneer ons onbedrywiges help?

6 Soos die Bybel duidelik toon, sal net dié wat die wedloop enduit hardloop, gered word (Matt. 24:13). Let dus op dié wat gestruikel het of weggedryf het. As ons Jehovah se liefde geduldig weerspieël deur opregte belangstelling in hulle te toon, kan ons die vreugde smaak om te sien hoe hulle weer saam met ons heilige diens verrig.—Luk. 15:4-10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel