Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/98 bl. 7
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Help onbedrywige persone
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Moenie die onbedrywiges vergeet nie
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • “Keer terug na my”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 11/98 bl. 7

Vraebus

◼ Is dit nog gepas om ’n tuisbybelstudie met ’n onbedrywige broer of suster te hou op versoek van ’n lid van die Gemeentelike Dienskomitee?

Die ouer manne het die verantwoordelikheid om as herders toesig te hou oor die gemeente, met inbegrip van enige lede wat onbedrywig geraak het. Hulle besoek hierdie persone en bepaal watter persoonlike bystand nodig is. Indien dit gepas is, kan ’n persoonlike Bybelstudie vir die onbedrywige persoon aangebied word. Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsy 103, verduidelik dat die Gemeentelike Dienskomitee sal besluit wie by so ’n voorsiening baat kan vind.

Die diensopsiener besluit wie in die beste posisie sal wees om hulp te verleen, watter onderwerpe bestudeer moet word en watter publikasie die nuttigste sal wees. Dalk sal die een wat aanvanklik met die persoon gestudeer het of iemand wat hy ken en respekteer in staat wees om te help. ’n Bekwame en ryp suster kan gevra word om ’n onbedrywige suster te help. Dit sal gewoonlik nie nodig wees dat ’n ander verkondiger die studiehouer vergesel nie. Die verkondiger wat aangewys is om die studie te hou, mag die tyd, die herbesoeke en die studie tel.—Sien Ons Koninkryksbediening vir November 1987, bladsye 1-2.

Aangesien die student gedoop is, hoef die studie gewoonlik nie oor ’n lang tydperk gehou te word nie. Die doel is om die onbedrywige persoon te help om weer al die gemeentelike vergaderinge by te woon en ’n gereelde verkondiger van die goeie nuus te word. Die diensopsiener sal gereeld uitvind hoe hierdie studies vorder. Die resultaat van hierdie liefdevolle bystand behoort te wees dat hierdie broers en susters hulle eie vrag van verantwoordelikheid voor Jehovah sal kan dra en stewig “gewortel en gegrond” in die waarheid sal word.—Ef. 3:17; Gal. 6:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel