“Hy gee die vermoeide krag”
1 Ons word almal van tyd tot tyd moeg. Dit is dalk nie net as gevolg van werk of ander fisiese bedrywighede nie, maar ook as gevolg van die uitdagings waarmee ons te kampe het gedurende hierdie “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom” (2 Tim. 3:1). Hoe verkry ons, as knegte van Jehovah, die nodige geestelike krag om nie minder te doen in ons bediening nie? Ons doen dit deur te vertrou op die Een wat “sterk in krag is”, Jehovah (Jes. 40:26). Hy is bewus van ons behoeftes en stel opreg daarin belang om ons te help.—1 Pet. 5:7.
2 Jehovah se voorsienings: Jehovah versterk ons deur sy heilige gees, dieselfde onstuitbare krag wat hy gebruik het om die heelal te skep. God se gees help ons om “nuwe krag [te] kry” as ons moeg word (Jes. 40:31). Vra jou af: ‘Wanneer laas het ek spesifiek vir heilige gees gebid om my te versterk sodat ek my Christelike verpligtinge kan nakom?’—Luk. 11:11-13.
3 As ons God se geïnspireerde Woord daagliks lees en daaroor peins en geestelik gevoed word deur ’n gereelde studie van ons Christelike publikasies, sal ons wees soos ’n pragtige “boom wat by waterstrome geplant is, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verwelk nie”.—Ps. 1:2, 3.
4 Jehovah gebruik ook medegelowiges, wat “’n versterkende hulp” vir ons kan wees (Kol. 4:10, 11). Hulle versterk ons by gemeentelike vergaderinge deur hulle opbouende gesprekke, kommentare en toesprake (Hand. 15:32). Veral Christen- ouer manne voorsien geestelike hulp en verkwikkende aanmoediging.—Jes. 32:1, 2.
5 Die bediening: As jy voel jy word moeg, moet jy nie ophou preek nie! Anders as baie ander bedrywighede is ’n gereelde deelname aan die bediening in werklikheid verkwikkend (Matt. 11:28-30). Wanneer ons die goeie nuus verkondig, help dit ons om ons aandag op God se Koninkryk te vestig en om die ewige lewe en die wonderlike vooruitsigte wat daarmee gepaardgaan, voor oë te hou.
6 Daar is baie om te doen voordat hierdie goddelose stelsel vernietig word. Ons het alle rede om standvastig te bly in ons diens, “afhanklik van die krag wat God verskaf” (1 Pet. 4:11). Met Jehovah se hulp sal ons ons werk voltooi, want “hy gee die vermoeide krag”.—Jes. 40:29.