Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/07 bl. 4
  • Leer jou kinders om Jehovah te loof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer jou kinders om Jehovah te loof
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Help ander om God te aanbid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Lei jou kinders op om bedienaars te wees
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2007
km 5/07 bl. 4

Leer jou kinders om Jehovah te loof

1. Kan jong kinders Jehovah loof?

1 Psalm 148:12, 13 spoor seuns en meisies aan om “die naam van Jehovah [te] loof”. Die Skrif bevat baie voorbeelde van jong kinders wat dit gedoen het. Byvoorbeeld, “Samuel het as ’n seun voor Jehovah gedien” (1 Sam. 2:18). Dit was “’n meisietjie” wat vir Naäman se vrou vertel het dat Jehovah se profeet in Israel Naäman van sy melaatsheid kan genees (2 Kon. 5:1-3). Toe Jesus in die tempel ingegaan en kragtige werke verrig het, was dit “seuns” wat uitgeroep het: “Red tog die Seun van Dawid!” (Matt. 21:15). Hoe kan ouers hulle kinders leer om Jehovah te loof?

2. Waarom is dit belangrik dat ouers ’n goeie voorbeeld vir hulle kinders stel?

2 Voorbeeld: Daar is vir vaders in Israel gesê dat hulle eers Jehovah moet liefhê en dat sy gebooie in hulle eie hart moet wees voordat hulle die waarheid in hulle kinders se hart inskerp (Deut. 6:5-9). As jy positief is wanneer jy oor die bediening praat en dit deel van jou weeklikse rooster maak, sal jou kinders geneig wees om die bediening as belangrik en bevredigend te beskou.

3. Hoe het een suster by haar ouers se voorbeeld baat gevind?

3 Een suster vertel: “Terwyl ek grootgeword het, het ons as ’n gesin die gewoonte gehad om elke naweek velddiens te doen. Ek kon sien dat my ouers dit werklik geniet om vir ander te getuig. Ons het grootgeword met die beskouing dat die bediening iets aangenaams is.” Hierdie suster het op sewejarige ouderdom ’n ongedoopte verkondiger geword en is in haar 33ste jaar van voltydse diens.

4. Wat beteken dit om kinders progressief op te lei?

4 Progressiewe opleiding: Betrek jou kinders wanneer julle aan die bediening deelneem. Hulle kan dalk die deurklokkie lui, vir die huisbewoner ’n traktaat gee of ’n teks lees. Dit sal hulle help om dit meer te geniet en om vertroue op te bou in hulle vermoë om die Koninkryksboodskap te verkondig. Namate hulle ouer word, behoort hulle ’n groter aandeel aan die bediening te hê. Help hulle dus om vooruitgang te maak en aan geestelike doelwitte te dink.

5. Wat is nodig vir ’n kind om aan die vereistes te voldoen om ’n ongedoopte verkondiger te word?

5 Praat met die ouer manne sodra jy dink dat jou kinders aan die vereistes voldoen om ongedoopte verkondigers te word en wanneer jou kinders sê dat hulle dit graag wil doen. Wanneer hulle verkondigers word, sal dit hulle laat besef dat hulle ’n persoonlike verantwoordelikheid het om Jehovah te loof. Hou in gedagte dat ’n kind nie soveel as ’n gedoopte volwassene hoef te weet voordat hy aan die vereistes kan voldoen nie. Verstaan jou kind basiese Bybelleerstellings? Bly hy by die Bybel se sedelike standaarde? Wil hy graag aan die bediening deelneem en as een van Jehovah se Getuies geïdentifiseer word? Indien wel, kan die ouer manne besluit dat hy aan die vereistes voldoen om ’n ongedoopte verkondiger te wees.—Sien Georganiseer om Jehovah se wil te doen, bl. 79-82.

6. Waarom is dit vir ouers die moeite werd om hulle kinders op te lei?

6 Dit verg werk om kinders te leer om Jehovah uit hulle hart te loof. Maar daar is min dinge wat ouers groter vreugde verskaf as om te sien dat hulle kinders geestelike vooruitgang maak. Wat nog belangriker is, is dat Jehovah bly is wanneer kinders ander van sy wonderlike werke vertel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel