Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/11 bl. 7
  • Lei jou kinders op om bedienaars te wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lei jou kinders op om bedienaars te wees
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Ouers—Lei julle kinders van kleintyd af op
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Watter doelwitte het jy vir jou kinders gestel?
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 1/11 bl. 7

Lei jou kinders op om bedienaars te wees

1. Wat moet Christenouers in die lig van Psalm 148:12, 13 doen?

1 Jehovah nooi jongmense om hom te loof (Ps. 148:12, 13). Christenouers doen dus meer as om hulle kinders Bybelwaarhede en God se sedewette te leer. Hulle lei hulle ook op om bedienaars van die goeie nuus te wees. Hoe kan kinders progressief opgelei word?

2. Watter uitwerking kan ’n ouer se goeie voorbeeld op sy kinders hê?

2 Goeie voorbeeld: Rigter Gideon het vir sy 300 man gesê: “Leer deur my dop te hou” (Rigt. 7:17). Kinders hou van nature hulle ouers dop en volg hulle voorbeeld. Een pa werk snags, maar wanneer hy Saterdagoggend huis toe kom, gaan hy nie slaap nie; hy neem eerder sy kinders uit in die bediening, al is hy baie moeg. Sonder om ’n woord te sê, leer hy hulle dat die bediening die voorkeur geniet (Matt. 6:33). Sien jou kinders dat jy vreugde put uit verskeie aspekte van aanbidding, soos om te bid, die Bybel te lees, by vergaderinge kommentaar te lewer en die predikingswerk te doen? Jy sal natuurlik nie ’n volmaakte voorbeeld stel nie. Maar jou kinders sal meer geneig wees om te reageer op jou pogings om hulle te leer om Jehovah te aanbid, as hulle sien dat jy hom ywerig dien.—Deut. 6:6, 7; Rom. 2:21, 22.

3. Watter progressiewe geestelike doelwitte moet ouers hulle kinders help om te stel en te bereik?

3 Progressiewe doelwitte: Ouers span hulle onvermoeid in om hulle kinders te leer om te loop, te praat, self aan te trek, ensovoorts. Wanneer kinders mylpale in hulle ontwikkeling bereik, word nuwe doelwitte vir hulle gestel. As die ouers Christene is, help hulle ook hulle kinders om geestelike doelwitte in ooreenstemming met hulle ouderdom en vermoëns te stel en te bereik (1 Kor. 9:26). Leer jy jou kinders om in hulle eie woorde kommentaar te lewer en self hulle toesprake vir die Teokratiese Bedieningskool voor te berei? (Ps. 35:18). Lei jy hulle op om aan verskeie aspekte van die bediening deel te neem? Hou jy doop en voltydse diens as doelwitte aan hulle voor? Reël jy dat hulle gereeld omgaan met vreugdevolle, entoesiastiese evangeliedienaars wat hulle sal aanmoedig?—Spr. 13:20.

4. Hoe strek dit kinders tot voordeel as hulle ouers hulle van jongs af in die bediening begin oplei?

4 Die psalmis het gesê: “O God, u het my van my jeug af geleer, en tot nou toe bly ek u wonderlike werke verkondig” (Ps. 71:17). Jy moet jou kinders van jongs af begin oplei om bedienaars te word. Die geestelike grondslag wat jy hulle help om te lê, sal hulle beslis ook as volwassenes tot voordeel strek!—Spr. 22:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel