Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/07 bl. 4
  • Moenie terughou nie!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moenie terughou nie!
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Spreek God se Woord met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Neem die profete as ’n voorbeeld—Amos
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Bybelboek nommer 30—Amos
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Die ondergang van ’n nasie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2007
km 11/07 bl. 4

Moenie terughou nie!

1. Hoe ‘hou ons die goeie nie terug’ nie?

1 As ons ywerig deelneem aan die verkondiging van die goeie nuus van God se Koninkryk, ‘hou ons die goeie nie terug’ van mense in ons toegewese gebied nie (Spr. 3:27). Daar is nie ’n beter boodskap om aan mense oor te dra as die boodskap van beter tye wat voorlê onder God se heerskappy nie. Hoewel jy moontlik gereeld die Koninkrykshoop bekend maak deur informeel te getuig of lektuur te versprei, kan jy jou dit gerus ten doel stel om ’n Bybelstudie te hou, as jy dit nog nie doen nie.

2. Wat kan ons huiwerig laat voel om ’n Bybelstudie te begin?

2 Soms is die grootste struikelblok wat ons moet oorkom om ’n Bybelstudie te hou, ons beskouing van die saak. Party is huiwerig om ’n Bybelstudie te hou omdat hulle onbekwaam voel of baie besig is. Die volgende wenke sal ons dalk help om nie huiwerig te wees om aan die Bybelstudiewerk deel te neem nie.—Matt. 28:19; Hand. 20:20.

3. Waarom is ons bekwaam om ander die Bybel te leer?

3 Gebrek aan selfvertroue: Miskien het jy beperkte skoolopleiding gehad of het jy om ’n ander rede gebrek aan vertroue in jou vermoë om ’n Bybelstudie te hou. Bekwame Christenbedienaars van die eerste eeu was “ongeleerde en gewone mense”. Wat het hulle in staat gestel om ander die waarheid te leer? Die feit dat hulle “saam met Jesus was” (Hand. 4:13). Hulle het geleer by die Groot Onderwyser, Jesus, wie se leringe en metodes vir ons in die Skrif bewaar is. Al het jy beperkte skoolopleiding gehad, ontvang jy nou geestelike onderrigting wat onoortreflik is.—Jes. 50:4; 2 Kor. 3:5.

4. Wat kan ons uit Amos se voorbeeld leer?

4 Jehovah het soms profete gebruik om sondige heersers of ander in hoë posisies tereg te wys. Party, soos Amos, was van nederige herkoms. Amos het erken: “Ek was nie ’n profeet nie, en ook was ek nie die seun van ’n profeet nie; maar ek was ’n veewagter en ’n prikker van die vye van wildevyebome” (Amos 7:14). Nietemin het Amos nie gehuiwer om Jehovah se oordeelsboodskap aan die kalfaanbiddende priester Amasia oor te dra nie (Amos 7:16, 17). Ons moet altyd onthou dat ons God se werk doen en dat hy ons voldoende bekwaam sal maak vir hierdie werk.—2 Tim. 3:17.

5. Waarom moet ons ’n Bybelstudie probeer begin, al is ons baie besig?

5 Besige lewe: Al is jy baie besig, het jy waarskynlik reeds tyd opsygesit om gereeld aan die bediening deel te neem. Om ’n Bybelstudie te hou, kan een van die vreugdevolste aspekte van die bediening wees. Dit is ’n voorreg om te sien hoe Jehovah se Woord in iemand se lewe aan die werk is (Heb. 4:12). Dit behaag Jehovah wanneer ons persoonlike opofferings maak om iemand te help om “tot juiste kennis van die waarheid [te] kom” (1 Tim. 2:4). Selfs die engele is verheug wanneer iemand berou het oor sy vorige lewenswyse en geestelike vooruitgang maak.—Luk. 15:10.

6. Watter voorreg het ons wat die uitvoering van God se wil betref?

6 God se “wil . . . is dat alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Tim. 2:4). Watter wonderlike voorreg het ons tog om in ooreenstemming met God se wil op te tree en nie te huiwer om aan die Bybelstudiewerk deel te neem nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel