Nuwe kringbyeenkomsprogram
Hoe is dit moontlik om ferm standpunt in te neem teen diegene wat ware aanbidding hewig teëstaan? Hoe kan ons die magte oorwin wat ons voortdurend weer in die goddelose wêreld probeer intrek? Die kringbyeenkomsprogram vir die 2009-diensjaar sal hierdie belangrike vrae beantwoord. Die tema is: “Hou aan om die kwaad met die goeie te oorwin” (Rom. 12:21). Kom ons kyk wat vir ons voorberei is.
Die streekopsiener sal die volgende toesprake hou: “Versterk om die kwaad met die goeie te oorwin”, “Waak teen oordrewe selfversekerdheid!”, “Binnekort—Die einde van alle boosheid!” en “Ons moet ons geloof versterk om die wêreld te oorwin”. Die kringopsiener sal ons toespreek oor die temas: “Dit is nou die tyd om wakker te bly!” gebaseer op Romeine 13:11-13, en “Moenie mismoedig word in die dag van benoudheid nie”, gebaseer op Spreuke 24:10. Ons sien ook uit na die kringopsiener se deel “Skenk aandag aan die behoeftes van die kring”. Nog ’n opwindende deel sal wees “Kan jy jou ‘toelê op hierdie bediening’—Deur te pionier?” Die eerste van twee simposiums het die tema “Staan vas teen die Duiwel se listige dade”. Dit sal ons help om die slinkse sette van die Duiwel op die gebied van tegnologie, vermaak en opvoeding te identifiseer en te verwerp. Die simposium “Verkry krag om in hierdie bose dag weerstand te bied” sal vir ons wys hoe ons die geïnspireerde raad in Efesiërs 6:10-18 in groter mate kan toepas.
Daar is ’n regstreekse verband tussen oorwinning van die kwaad by sy oorsprong en die verkondiging van die Koninkryksboodskap (Op. 12:17). Geen wonder dat Satan Jehovah se Getuies sonder ophou aanval nie! (Jes. 43:10, 12). Die Duiwel sal egter hopeloos misluk omdat ons vasbeslote is om “aan [te hou] om die kwaad met die goeie te oorwin”. Tref definitiewe reëlings om ten volle baat te vind by al vier sessies van hierdie kringbyeenkoms.