Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Mei
Lees Matteus 24:3. Sê dan: “Party meen dat hierdie vraag oor die einde van die aarde handel. Dink jy dat die aarde vernietig sal word? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus se antwoord gee ons iets om na uit te sien—nie die einde van die aarde nie, maar die einde van iets anders. Die artikel op bladsy 16 bespreek hierdie onderwerp verder.”
Ontwaak! Mei
“Party geestelikes leer dat God ons materiële welvaart sal gee as ons hom behaag. Maar jy ken waarskynlik goeie mense wat arm is. Dink jy God wil hê ons moet ryk wees? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Hebreërs 13:5.] Hierdie artikel verduidelik hoe God ons seën.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 12 begin.
Die Wagtoring 1 Junie
“Selfhelpboeke oor die grootmaak van kinders, die liefde en persoonlike vervulling is vandag gewild. Het jy al self gevind dat sulke boeke nuttig is? [Wag vir ’n antwoord.] Baie mense kyk hierdie bron van betroubare raad mis. [Lees 2 Timoteus 3:16.] Hierdie tydskrif verduidelik waarom ons die Bybel kan vertrou en gee voorbeelde van die praktiese raad wat dit bevat.”
Ontwaak! Junie
“Soos jy weet, word daar baie gedebatteer oor of dit reg of verkeerd is om ’n aborsie te ondergaan. Dink jy dat die Bybel iemand kan help besluit wat om te doen? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 2 Timoteus 3:16, 17.] Hierdie tydskrif toon wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê.”