Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Junie
“Baie glo dat die wêreld se godsdienste verskillende paaie is wat na dieselfde God lei. Wat dink jy hiervan? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat sê die Bybel. [Lees Josua 24:15.] Hierdie artikel gee goeie redes waarom ons self moet ondersoek of ons godsdiens ons na die ware God lei.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 12 begin.
Ontwaak! Junie
“Ons almal ken mense wat gesterf het. Dink jy ons moet bang wees dat party van hulle dalk kwaad is en dat hulle ons wil leed aandoen? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Prediker 9:5, 6.] Jy sal hierdie artikel vertroostend vind.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 22 begin.
Die Wagtoring 1 Julie
“Baie mense besit ’n Bybel, maar vind dit moeilik om die Bybel te verstaan. Het jy al ooit so gevoel? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens hierdie vers wil die Outeur van die Bybel hê dat ons sy geskrewe Woord moet verstaan en daarby moet baat vind. [Lees Psalm 119:130.] Hierdie tydskrif gee drie wenke wat ons sal help om die Bybel te verstaan.”
Ontwaak! Julie
“Depressie raak baie mense vandag. Dink jy dat God persoonlik belangstel in dié wat emosioneel ly? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 34:18.] Hierdie tydskrif verduidelik hoe dié wat aan depressie ly, hulp van God kan kry, al het hulle ook mediese behandeling nodig. Dit gee ook wenke oor wat ons kan sê om hulle te vertroos.”