Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Julie
“Dink jy dat dit moontlik is om innerlike vrede in hierdie moeilike tye te vind? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel in Filippense 4:6, 7 sê. [Lees.] Hierdie artikel verduidelik hoe ons die vrede wat God gee, kan ondervind.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.
Ontwaak! Julie
“Die meeste van ons is dankbaar vir wat ons ouers ons geleer het. Dink jy dat dit oneerbiedig is om die godsdiensleerstellings wat ons as kind geleer het, te ondersoek? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Johannes 4:1.] Hierdie artikel toon of dit verkeerd is om van godsdiens te verander.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 28 begin.
Die Wagtoring 1 Augustus
“Party mense sê dat alle godsdienste verskillende paaie is wat na dieselfde God lei. Dink jy dat alle godsdienste goed is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Matteus 7:13, 14.] Hierdie tydskrif sit drie spesifieke dinge uiteen wat die Bybel sê goeie godsdiens moet bevorder.”
Ontwaak! Augustus
“Almal van ons was al slagoffers van onregverdige diskriminasie. Hoe dink jy voel God oor vooroordeel? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Handelinge 10:34, 35.] Die Bybel kan ons help om diskriminasie te verduur. Dit help ons ook om van enige vooroordele in ons ontslae te raak. Hierdie tydskrif bespreek dit verder.”