Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/10 bl. 1
  • Toon dankbaarheid vir God se grootste gawe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon dankbaarheid vir God se grootste gawe
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal jy die geleentheid aangryp?
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Laat ons ons waardering toon—Die Gedenkmaal sal op 17 April gehou word
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Help ander om by die losprys baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Stel doelwitte vir die Gedenkmaalseisoen
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 3/10 bl. 1

Toon dankbaarheid vir God se grootste gawe

1. Waarom is ons besonder dankbaar teenoor Jehovah?

1 Die grootste van Jehovah se talle ‘goeie gawes’ is die losprys wat deur sy geliefde Seun voorsien is (Jak. 1:17). Dit maak baie seëninge moontlik, insluitende vergifnis van ons sondes (Ef. 1:7). Daarvoor is ons altyd dankbaar. Ons ruim veral gedurende die Gedenkmaalseisoen tyd in om oor hierdie kosbare gawe te peins.

2. Hoe kan ons waardering vir die losprys in ons en ons gesin opbou?

2 Bou waardering op: Om julle gesin se waardering op te bou, kan julle gerus gedurende die weke voor die Gedenkmaal op 30 Maart ’n deel van julle aand vir Gesinsaanbidding gebruik om inligting oor die losprys te bespreek. Lees ook elke dag as ’n gesin die spesiale Bybelleesgedeelte vir die Gedenkmaal. Dink persoonlik na oor hoe jy by die losprys baat vind en hoe dit jou beskouing van Jehovah, jouself, ander en die toekoms beïnvloed.—Ps. 77:12.

3. Hoe kan ons ons dankbaarheid toon?

3 Hoe dankbaarheid getoon word: Waardering vir die losprys beweeg ons om ander te vertel van Jehovah en die groot liefde wat hy getoon het deur sy Seun te stuur (Ps. 145:2-7). Gedurende Maart, April en Mei toon party gesinne hulle dankbaarheid deur te reël dat ten minste een gesinslid hulppionierdiens doen. Indien dít nie moontlik is nie, kan julle gerus ‘tyd uitkoop’ om meer in die bediening te doen (Ef. 5:16). Beplan om as ’n gesin soveel moontlik velddiens te doen gedurende die spesiale Tydskrifdag op Saterdag 17 April. Dankbaarheid sal ons ook beweeg om ander te help om die Gedenkmaal saam met ons by te woon (Op. 22:17). Begin ’n lys opstel van herbesoeke, Bybelstudente, familielede, werksmaats en bure wat julle kan nooi, en doen dan soveel moontlik in die spesiale kampanje om Gedenkmaaluitnodigings te versprei.

4. Hoe kan ons die Gedenkmaalseisoen verstandig gebruik?

4 Die Gedenkmaalseisoen bied nuwe geleenthede om aan Jehovah te toon hoeveel ons sy gawe aan die mensdom waardeer. Mag ons hierdie tyd gebruik om ons dankbaarheid vir die losprys en al “die onpeilbare rykdom van die Christus” op te bou en te toon.—Ef. 3:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel