Weet jy wat jou opsies is?
Bloedlose chirurgie word by al hoe meer mediese sentrums oor die hele wêreld uitgevoer. Is jy ten volle ingelig oor die opsies wat op die gebied van bloedlose behandeling beskikbaar is? Jy moet weet sodat jy ingeligte besluite oor mediese behandeling en chirurgie kan neem. Kyk na die video No Blood—Medicine Meets the Challenge. Gebruik dan die vrae hieronder om biddend te hersien wat jy geleer het.—Let wel: Omdat die video kort operasietonele bevat, moet ouers goeie oordeel aan die dag lê wanneer hulle saam met jong kinders daarna kyk.
(1) Wat is die hoofrede waarom Jehovah se Getuies bloedoortappings weier? (2) Wat wil Jehovah se Getuies hê wanneer dit by mediese sorg kom? (3) Watter basiese reg het pasiënte? (4) Waarom is dit redelik en verantwoordelik om alternatiewe vir oortappings te kies? (5) Watter twee dringende prioriteite het dokters in die geval van ernstige bloedverlies? (6) Wat is die vier beginsels waarop strategieë vir alternatiewe vir oortappings berus? (7) Hoe kan dokters (a) bloedverlies tot die minimum beperk, (b) die verlies van rooibloedselle beperk, (c) die vervaardiging van bloed stimuleer en (d) verlore bloed herwin? (8) Beskryf die prosedures wat bekend staan as (a) bloedverdunning (hemodilution) en (b) selherwinning (cell salvage). (9) Waaroor moet jy ingelig wees wanneer dit kom by enige alternatief vir ’n oortapping? (10) Kan ernstige en ingewikkelde operasies sonder die gebruik van bloedoortappings gedoen word? (11) Watter positiewe verwikkeling vind in die mediese gemeenskap plaas?
Elkeen moet in ooreenstemming met sy Bybelopgeleide gewete self besluit of hy sekere behandelings wat in die video getoon word, sal aanvaar. Het jy al ’n vaste besluit geneem oor watter mediese behandelings en prosedures jy bereid is om vir jou en jou kinders te aanvaar, en het jy toe ’n nuwe “Advance Medical Directive”- (AMD)a kaart ingevul? Vir ’n breedvoerige bespreking van hierdie sake kan jy “Vrae van lesers” in Die Wagtoring van 15 Junie 2004 en 15 Oktober 2000 sorgvuldig hersien. Gebruik dan die werkblaaie in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2007: “Hoe beskou ek bloedfraksies en mediese prosedures waarby my eie bloed betrokke is?”, om jou persoonlike besluite te neem oor watter opsies jy sal aanvaar of verwerp. Maak laastens seker dat jy jou keuses reg op jou AMD-kaart geskryf het. Jou gekose gesondheidsorgverteenwoordigers en enige gesinslede wat nie Getuies is nie, moet ten volle ingelig word omtrent jou besluite.
[Voetnoot]
a In ander lande, in ons publikasies en in Watchtower Library word hierdie kaart nog steeds die DPA- (“durable power of attorney”) kaart genoem.