Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/10 bl. 3
  • Stel jy dit uit?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stel jy dit uit?
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Stel jy dit uit?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Is jy voorbereid op ’n mediese noodgeval?
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Weet jy wat jou opsies is?
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Weet jy wat jou opsies is?
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 1/10 bl. 3

Stel jy dit uit?

Stel jy wat uit? Miskien is jou DPA- (durable power of attorney) kaart, wat aan gedoopte Getuies voorsien word, nog nie ingevul nie. Aangesien jy “nie weet wat [jou] lewe môre sal wees nie”, is dit uiters noodsaaklik dat jy vooraf besluit en op skrif stel watter behandelings en prosedures jy in ’n mediese noodgeval sal aanvaar (Jak. 4:14; Hand. 15:28, 29). Die video Transfusion-Alternative Health Care—Meeting Patient Needs and Rights is voorberei om jou hiermee te help. Kyk daarna, en hersien dan biddend wat jy geleer het met behulp van die vrae hieronder.—Let wel: Omdat die video kort operasietonele bevat, moet ouers onderskeidingsvermoë aan die dag lê wanneer hulle saam met jong kinders daarna kyk.

(1) Waarom neem party in die mediese veld die gebruik van bloedoortappings opnuut in oënskou? (2) Gee drie voorbeelde van ingewikkelde operasies wat sonder bloedoortappings uitgevoer is. (3) Hoeveel dokters en chirurge oor die wêreld het te kenne gegee dat hulle bereid is om pasiënte sonder bloedoortappings te behandel? Waarom is hulle bereid om dit te doen? (4) Wat het onlangse hospitaalstudies aangaande bloedgebruik getoon? (5) Watter mediese risiko’s gaan met bloedoortappings gepaard? (6) Tot watter slotsom het baie deskundiges gekom met betrekking tot die voordele van alternatiewe vir oortappings? (7) Waardeur word bloedarmoede veroorsaak? Hoe erg moet dit wees voordat dit skadelike gevolge vir die mens het? Wat kan gedoen word om dit teë te werk? (8) Hoe kan die vervaardiging van rooibloedselle in ’n pasiënt se liggaam gestimuleer word? (9) Watter tegnieke word gebruik om bloedverlies gedurende ’n operasie tot ’n minimum te beperk? (10) Kan alternatiewe vir oortappings gebruik word in die geval van jong kinders of in lewensgevaarlike noodgevalle? (11) Wat is een van die vernaamste etiese beginsels van goeie mediese sorg? (12) Waarom is dit vir Christene belangrik om voor die tyd besluite te neem in verband met bloedlose behandeling? Hoe kan ons dit doen?

Elkeen moet in ooreenstemming met sy Bybelopgeleide gewete persoonlik besluit of hy sekere behandelingsmetodes wat in die video gewys is, sal aanvaar. Het jy al ’n duidelike besluit geneem oor watter mediese behandelings en prosedures jy bereid is om vir jou en jou kinders te aanvaar, en het jy toe ’n DPA-kaart ingevul? Vir ’n breedvoerige bespreking van hierdie sake, gaan noukeurig deur hoofstuk 7 van die ‘God se liefde’-boek sowel as die verwysings wat daarin gemeld word. Sien ook die byvoegsel “Hoe beskou ek bloedfraksies en mediese prosedures waarby my eie bloed betrokke is?” in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2007. Wees laastens seker dat jy jou keuses akkuraat op jou DPA-kaart aangedui het. Jou gekose gesondheidsorgverteenwoordigers en enige gesinslede wat nie Getuies is nie, moet ten volle ingelig word omtrent jou besluite.

[Venster op bladsy 7]

• Het jy al besluit watter mediese behandelings en prosedures jy bereid is om vir jou en jou kinders te aanvaar?

• Dra jy ’n voltooide DPA-kaart saam met jou ingeval ’n noodsituasie ontstaan?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel