Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/11 bl. 2
  • Straatgetuieniswerk wat doeltreffend is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Straatgetuieniswerk wat doeltreffend is
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur doeltreffende straatgetuienis
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vind belangstellendes deur doeltreffende straatgetuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op straat en in sakegebied
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Bied die goeie nuus aan—Deur straatgetuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 6/11 bl. 2

Straatgetuieniswerk wat doeltreffend is

1. Wat is een manier waarop ons Jesus kan navolg?

1 Gedurende sy aardse bediening het Jesus nie gehuiwer om met mense te praat wat hy op die pad of in ander openbare plekke ontmoet het nie (Luk. 9:57-61; Joh. 4:7). Hy wou sy belangrike boodskap aan soveel mense moontlik oordra. Vandag is straatgetuieniswerk ’n uitstekende manier om mense te help om goddelike wysheid te verkry (Spr. 1:20). Ons sal groter sukses behaal as ons die inisiatief neem en onderskeidingsvermoë gebruik.

2. Hoe kan ons inisiatief aan die dag lê wanneer ons straatwerk doen?

2 Neem die inisiatief: Dit is gewoonlik beter om mense te nader as om op een plek te staan of te sit en te wag dat verbygangers jou nader. Glimlag, maak oogkontak en wees kalm en vriendelik. As jy saam met ander verkondigers werk, is dit gewoonlik beter om mense afsonderlik te nader. Jy moet ook inisiatief aan die dag lê om belangstelling wat jy vind, op te volg. As dit gepas is, kan jy aan die einde van die gesprek vriendelik vra hoe jy weer met die persoon in aanraking kan kom. Party verkondigers doen gereeld straatwerk op dieselfde plek, wat hulle in staat stel om herhaaldelik met dieselfde mense te praat en hulle belangstelling verder te ontwikkel.

3. Hoe kan ons onderskeidingsvermoë gebruik wanneer ons straatgetuieniswerk doen?

3 Gebruik onderskeidingsvermoë: Gebruik goeie oordeel wanneer jy besluit waar om te staan en wie om te nader. Dit is nie nodig om vir elke verbyganger te getuig nie. Wees oplettend. As die persoon byvoorbeeld haastig is, sal dit moontlik die beste wees om hom te laat verbygaan. Wanneer ons voor ’n sakeonderneming getuieniswerk doen, moet ons oordeelkundig te werk gaan sodat ons nie vir die bestuurder onnodige bekommernis veroorsaak nie. Dit is dikwels beter om vir mense te getuig wanneer hulle die sakeonderneming verlaat as wanneer hulle daar aankom. Nader mense op ’n manier wat hulle nie sal ontstel of sal laat skrik nie. Lê ook onderskeidingsvermoë aan die dag wanneer jy lektuur aanbied. As iemand min belangstelling toon, kan jy eerder ’n traktaat as die tydskrifte aanbied.

4. Waarom is straatgetuieniswerk voordelig en aangenaam?

4 Straatgetuieniswerk bied ons die geleentheid om in ’n kort tydperk baie saadjies van waarheid te versprei (Pred. 11:6). Party mense wat ons ontmoet, kan selfs diegene wees wat ons nie by die huis vind wanneer ons van huis tot huis werk nie. Reël gerus om deel te neem aan straatgetuieniswerk, ’n aangename en doeltreffende vorm van velddiens?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel