Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/91 bl. 10
  • Bied die goeie nuus aan—Deur straatgetuieniswerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die goeie nuus aan—Deur straatgetuieniswerk
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’N HARTLIKE, POSITIEWE GESINDHEID
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur doeltreffende straatgetuienis
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Straatgetuieniswerk wat doeltreffend is
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Vind belangstellendes deur doeltreffende straatgetuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op straat en in sakegebied
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 2/91 bl. 10

Bied die goeie nuus aan—Deur straatgetuieniswerk

1 Spreuke 1:20 sê: “Die ware wysheid bly hardop roep in die straat. Op die openbare pleine laat sy voortdurend haar stem weerklink” (NW). Hierdie woorde is veral vandag waar terwyl Jehovah se knegte ywerig die goeie nuus van die Koninkryk verkondig waar hulle ook al mense kan vind. Soos Jesus en die voorchristelike profete beweeg ons opregte liefde vir mense ons om die waarheid aan almal, en oral, aan te bied.—Jer. 11:6; Mark. 6:56; Luk. 13:22, 26.

2 Hoewel iemand se huis gewoonlik die beste plek is om met hom oor die waarheid te praat, is min mense tuis wanneer ons van huis tot huis gaan. Wanneer huisbewoners wel tuis is, is dit dikwels dieselfde persoon met wie ons vantevore gepraat het wat die deur oopmaak, en ons kom nie met ander gesinslede in aanraking nie. Straatgetuieniswerk moet dus ’n bepaalde plek in ons bediening hê. Jy sal dalk vind dat straatgetuieniswerk, soos een pionier dit gestel het, “’n opwindende, nuwe gebied is waar al die mense tuis is”.

’N HARTLIKE, POSITIEWE GESINDHEID

3 Probeer gerus om jou straatgetuieniswerk gereeld in dieselfde gebied te doen. Een suster wat dit doen, sê dat sy die meeste winkeliers en ander mense wat dikwels in “haar” straat is, leer ken het. Dit het ’n goeie verhouding laat ontstaan, wat die weg vir talle produktiewe Bybelbesprekings gebaan het. ’n Hulppionier wat straatgetuieniswerk terdeë geniet, het gesê hy probeer om winkelkykers, mense wat in hulle motors sit, mense wat vir die bus wag en selfs diegene wat vantevore nee gesê het te nader. Moed en goeie oordeel is nodig sodat ons met vrymoedigheid en oortuiging kan optree, sonder om té opdringerig te wees.

4 Die sleutel tot doeltreffende straatgetuieniswerk is om ’n hartlike, vrolike en opregte benadering te hê. Glimlag. Probeer om oogkontak met die persoon te maak as jy kan, maar as jy nie kan nie, moet jy hom vriendelik nader. Neem die omstandighede in ag, en maak daarvan gebruik. As een suster vroue sien wat baie pakkies kruideniersware dra, sê sy: “Ek sien jy het kos gekoop. Deesdae is dit beslis duur. Wil jy nie ’n bietjie aanmoedigende voedsel vir die verstand en hart hê nie? Ek het hierdie artikel geniet . . . . ” Aan iemand met kinders sê sy: “Ek sien jy het twee pragtige kinders. Het jy geweet die Bybel sê dat kinders ’n seën van God is? Hier, laat ek jou wys . . . . ” Wanneer sy ’n persoon nader wat diep ingedagte is, sê sy: “Ek sien jy dink oor iets. Die wêreld is vandag so vol probleme, nie waar nie? Dink jy daar sal ooit ’n tyd kom wanneer . . . ?”

5 As ’n persoon vinnig in die straat af stap, kan jy hom net ’n traktaat gee en sê: “Hier is ’n bietjie goeie nuus vir jou om te lees wanneer jy tyd het.” As mense nie haastig lyk nie, moet jy die tydskrifte aanbied. Dit is goed om waar moontlik die lektuur in die hande van mense te kry.

6 Baie verkondigers wat aanvanklik skrikkerig was vir straatgetuieniswerk beskou dit nou as hulle geliefkoosde vorm van prediking. Ons moet natuurlik versigtig wees wanneer ons in gevaarlike gebiede werk of wanneer dit onveilig is. Selfs in klein dorpies is daar gewoonlik besige gebiede, openbare vervoerhaltes of openbare parkeerterreine waar mense met die goeie nuus genader kan word. Gryp die geleentheid aan, en laat jou stem met wysheid die goeie nuus in die strate en op die openbare pleine weerklink, tot seën van die wat jou hoor en tot eer van Jehovah.—Spr. 1:20, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel