Vind jy ten volle baat by die onderrigting wat Jehovah voorsien?
1. Hoe voel Jehovah oor onderrigting?
1 Jehovah, ons “Grootse Onderrigter”, wil hê dat ons onderrig moet word (Jes. 30:20). Hy het begin onderrig nadat hy sy eersgebore Seun geskep het (Joh. 8:28). Ná Adam se opstand het Jehovah nie opgehou om te onderrig nie, maar hy het liefdevol onderrigting aan onvolmaakte mense voorsien.—Jes. 48:17, 18; 2 Tim. 3:14, 15.
2. Watter onderrigtingsveldtog vind nou plaas?
2 Vandag rig Jehovah die grootste onderrigtingsveldtog in die geskiedenis. Soos Jesaja voorspel het, stroom miljoene regoor die wêreld na die figuurlike “berg van die huis van Jehovah” (Jes. 2:2). Waarom moet ons daarheen stroom? Om in Jehovah se weë onderrig te word, ja, om deur Jehovah geleer te word! (Jes. 2:3). Gedurende die 2010-diensjaar het Jehovah se Getuies meer as 1,6 miljard uur daaraan bestee om te preek en mense Bybelwaarheid te leer. Daarbenewens word geestelike onderrigting elke week in meer as 105 000 gemeentes regoor die wêreld gegee, en opvoedkundige Christelike publikasies word in ver oor die 500 tale deur die getroue en verstandige slaaf uitgegee.
3. Hoe het jy persoonlik baat gevind by die onderrigting wat Jehovah voorsien?
3 Vind ten volle baat: Hoe het ons tog by goddelike onderrigting baat gevind! Ons het geleer dat God ’n naam het en dat hy vir ons omgee (Ps. 83:18; 1 Pet. 5:6, 7). Ons het die antwoorde op party van die lewe se belangrikste vrae gevind: Waarom ly en sterf mense? Hoe kan ek ware geluk vind? Wat is die doel van die lewe? Jehovah het ons ook sedelike leiding gegee wat ons in staat stel om ons ‘weg suksesvol te maak’.—Jos. 1:8.
4. Wat is party opvoedkundige geleenthede wat aan God se knegte beskikbaar is, en waarom moet ons soveel as moontlik by Jehovah leer?
4 Jehovah voorsien ook gespesialiseerde opleiding om baie van sy knegte te help om hulle diens aan hom uit te brei. Op bladsye 4-6 word geleenthede bespreek wat aan party beskikbaar is. Al verhinder ons omstandighede ons om die opleiding te ontvang wat hier bespreek word, maak ons ten volle gebruik van die goddelike onderrigting wat wel aan ons beskikbaar is? Moedig ons jongmense aan om geestelike doelwitte te stel en die hoogste onderrigting—goddelike onderrigting—na te streef eerder as die hoër onderwys wat dikwels deur onderwysers en ander aanbeveel word? As ons soveel as moontlik by Jehovah leer, sal dit ons help om nou ’n gelukkige lewe te lei en ’n ewige toekoms te geniet.—Ps. 119:105; Joh. 17:3.
Verskeie opvoedkundige geleenthede wat deur Jehovah se organisasie beskikbaar gestel word
Lees-en-skryf-klasse
• Doel: Om mense te leer lees en skryf sodat hulle persoonlike Bybelstudie kan doen en die waarheid aan ander kan leer.
• Hoe lank: Volgens die behoefte.
• Plek: Plaaslike Koninkryksaal.
• Wie dit mag bywoon: Alle verkondigers en belangstellendes.
• Hoe om aan te sluit: Gemeentelike ouer manne reël lees-en-skryf-klasse volgens die plaaslike behoefte, en hulle moedig almal aan wat daarby kan baat vind, om dit by te woon.
Teokratiese Bedieningskool
• Doel: Om verkondigers op te lei om bekwame predikers en onderrigters van die goeie nuus te wees.
• Hoe lank: Aaneenlopend.
• Plek: Plaaslike Koninkryksaal.
• Wie mag aansluit: Alle verkondigers. Ook ander wat aktief met die gemeente assosieer, met Bybelleringe saamstem en in ooreenstemming met Christelike beginsels lewe.
• Hoe om aan te sluit: Praat met die Teokratiese Bedieningskoolopsiener.
Anderstalige klasse
• Doel: Om verkondigers te leer om die goeie nuus in ’n ander taal te verkondig.
• Hoe lank: Vier of vyf maande. Die klasse word gewoonlik Saterdagoggende een of twee uur lank gehou.
• Plek: Gewoonlik ’n nabygeleë Koninkryksaal.
• Wie mag aansluit: Verkondigers met ’n goeie naam in die gemeente wat graag in ’n ander taal wil preek.
• Hoe om aansoek te doen: Klasse word volgens die behoefte deur die takkantoor gereël.
Koninkryksaalbouwerk
• Doel: Om Koninkryksale te bou en op te knap. Dit is nie ’n skool nie, maar onder hierdie reëling word vrywilligers verskillende vaardighede geleer sodat hulle met bouprojekte kan help.
• Hoe lank: Dit hang af van die omstandighede van die vrywilliger.
• Plek: Enige plek in die Streekboukomitee se toegewese gebied. Of vrywilligers kan, waar daar ’n behoefte is, voltyds werk saam met een van die Koninkryksaalbougroepe onder die toesig van die takkantoor.
• Kwalifikasies: Broers en susters moet gedoop wees en deur die liggaam van ouer manne goedgekeur word. Hulle hoef nie noodwendig bouvaardighede te hê nie.
• Hoe om aansoek te doen: Voltooi ’n Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire (S-82), wat by die plaaslike ouer manne gekry kan word, om saam met ’n Streekboukomitee te werk. Vul ’n Application for Kingdom Hall Construction Volunteer Program (A-25) in as jy ’n maand of langer voltyds kan help.
Pionierdiensskool
• Doel: Om pioniers te help om hulle ‘bediening ten volle uit te voer’.—2 Tim. 4:5.
• Hoe lank: Twee weke.
• Plek: Die takkantoor besluit; gewoonlik ’n nabygeleë Koninkryksaal.
• Kwalifikasies: Diegene wat al ten minste ’n jaar as gewone pionier dien.
• Hoe om aansoek te doen: Pioniers wat aan die vereistes voldoen, word outomaties ingeskryf en deur die kringopsiener daarvan in kennis gestel.
Bethelintreeskool
• Doel: Hierdie skool is bedoel om nuwelinge te help om ’n sukses van hulle Betheldiens te maak.
• Hoe lank: Een uur per week vir sestien weke.
• Plek: Bethel.
• Kwalifikasies: Moet permanente lede van die Bethelgesin of langtermyn- tydelike vrywilligers (’n jaar of langer) wees.
• Hoe om aansoek te doen: Lede van die Bethelgesin wat aan die vereistes voldoen, word outomaties ingeskryf.
Koninkryksbedieningskool
• Doel: Om ouer manne en bedieningsknegte op te lei om na hulle opsieners- en organisatoriese verantwoordelikhede om te sien (Hand. 20:28). Hierdie skool word elke paar jaar gehou, soos deur die Bestuursliggaam besluit word.
• Hoe lank: In onlangse jare was dit een en ’n halwe dag vir ouer manne en een dag vir bedieningsknegte.
• Plek: Gewoonlik by ’n nabygeleë Koninkryksaal of Byeenkomssaal.
• Kwalifikasies: Moet ouer manne of bedieningsknegte wees.
• Hoe om aansoek te doen: Ouer manne en bedieningsknegte wat aan die vereistes voldoen, word deur die kringopsiener genooi.
Skool vir Gemeentelike Ouer Mannea
• Doel: Om ouer manne te help om na hulle gemeentelike verantwoordelikhede om te sien.
• Hoe lank: Vyf dae.
• Plek: Die takkantoor besluit; gewoonlik by ’n nabygeleë Koninkryksaal of Byeenkomssaal.
• Kwalifikasies: Moet ouer manne wees.
• Hoe om aansoek te doen: Ouer manne wat aan die vereistes voldoen, word deur die takkantoor genooi.
Skool vir Reisende Opsieners en hulle Vrouensb
• Doel: Om kring- en streekopsieners in staat te stel om gemeentes op doeltreffender wyse te dien, en om hulle aan te moedig om ‘hard te werk in woord en onderrigting’ en as herders toesig te hou oor diegene wat onder hulle sorg is.—1 Tim. 5:17; 1 Pet. 5:2, 3.
• Hoe lank: Twee maande.
• Plek: Die takkantoor besluit.
• Kwalifikasies: Moet kring- of streekopsieners wees.
• Hoe om aansoek te doen: Reisende opsieners en hulle vrouens wat aan die vereistes voldoen, word deur die takkantoor genooi.
Bybelskool vir Ongetroude Broersc
• Doel: Om ongetroude ouer manne en bedieningsknegte vir bykomende verantwoordelikhede voor te berei. Die meeste van die gegradueerdes sal toegewys word om te dien waar hulp in hulle tuisland nodig is. ’n Paar sal moontlik ’n toewysing in ’n ander land ontvang as hulle hulle beskikbaar stel.
• Hoe lank: Twee maande.
• Plek: Die takkantoor besluit; gewoonlik by ’n Byeenkomssaal of ’n Koninkryksaal.
• Kwalifikasies: Ongetroude broers tussen die ouderdomme van 23 en 62 met goeie gesondheid wat die broers wil dien en Koninkryksbelange wil bevorder waar daar ook al hulp nodig is (Mark. 10:29, 30). Hulle moet ten minste reeds twee jaar lank onafgebroke in ’n aangestelde posisie dien.
• Hoe om aansoek te doen: As hierdie skool in julle takkantoor se gebied beskikbaar is, sal ’n vergadering vir belangstellendes by die kringbyeenkoms gehou word. Verdere inligting word by hierdie vergadering voorsien.
Bybelskool vir Christenegpared
• Doel: Om egpare van gespesialiseerde opleiding te voorsien sodat hulle in groter mate deur Jehovah en sy organisasie gebruik kan word. Die meeste gegradueerdes sal toegewys word om te dien waar hulp in hulle tuisland nodig is. ’n Paar sal moontlik ’n toewysing in ’n ander land ontvang as hulle hulle beskikbaar stel.
• Hoe lank: Twee maande.
• Plek: Die eerste paar klasse word by die Wagtoring-onderrigsentrum in Patterson, New York, VSA, gehou. Daarna sal hierdie skool by plekke gehou word wat deur die takkantoor gekies sal word; gewoonlik by ’n Byeenkomssaal of ’n Koninkryksaal.
• Kwalifikasies: Egpare tussen die ouderdomme van 25 en 50 met goeie gesondheid wie se omstandighede hulle toelaat om te dien waar daar ook al hulp nodig is en wat die “Hier is ek! Stuur my”-gesindheid het (Jes. 6:8). Hulle moet ook ten minste twee jaar getroud wees en reeds ten minste twee jaar lank ononderbroke in die voltydse diens wees.
• Hoe om aansoek te doen: As hierdie skool in julle takkantoor se gebied beskikbaar is, sal ’n vergadering vir belangstellendes by die spesiale byeenkomsdag gehou word. Verdere inligting word by hierdie vergadering voorsien.
Wagtoring-Bybelskool Gilead
• Doel: Om pioniers en ander voltydse dienaars vir sendingdiens voor te berei.
• Hoe lank: Vyf maande.
• Plek: Wagtoring-onderrigsentrum, Patterson, New York, VSA.
• Kwalifikasies: Egpare wat al drie jaar lank gedoop is en tussen die ouderdomme van 21 en 38 is wanneer hulle hulle eerste aansoek indien. Hulle moet Engels kan praat, al ten minste twee jaar getroud wees en reeds ten minste twee jaar lank ononderbroke in die voltydse diens wees. Aansoekers moet goeie gesondheid geniet. Pioniers wat in ’n vreemde land dien (insluitende dié wat sendelingstatus het); reisende opsieners; lede van die Bethelgesin; en voormalige gegradueerdes van die Bedieningsopleidingskool, die Bybelskool vir Ongetroude Broers en die Bybelskool vir Christenegpare kan ook aansoek doen as hulle kwalifiseer.
• Hoe om aansoek te doen: Gekose takkantore sal reël dat ’n vergadering by die streekbyeenkoms gehou word vir dié wat belangstel. Verdere inligting word by hierdie vergadering voorsien. As julle graag aansoek wil doen maar daar geen vergadering by streekbyeenkomste in julle land is nie, kan julle aan julle takkantoor vir verdere inligting skryf.
Skool vir Takkomiteelede en hulle Vrouens
• Doel: Om broers wat op Takkomitees dien, te help om op bekwamer wyse toesig te hou oor Bethelhuise, aandag te skenk aan diensaangeleenthede wat die gemeentes raak, toesig te hou oor kringe en streke in hulle onderskeie gebiede, sowel as oor vertaling, drukwerk en die versending van lektuur en oor verskeie ander afdelings.—Luk. 12:48b.
• Hoe lank: Twee maande.
• Plek: Wagtoring-onderrigsentrum, Patterson, New York, VSA.
• Kwalifikasies: Takkomitee- of Landskomiteelede of broers wat as sodanig aangestel gaan word.
• Hoe om aansoek te doen: Broers en hulle vrouens wat aan die vereistes voldoen, word deur die Bestuursliggaam genooi.
[Voetnote]
a Tans word hierdie skool nie in alle lande gehou nie.
b Tans word hierdie skool nie in alle lande gehou nie.
c Tans word hierdie skool nie in alle lande gehou nie.
d Tans word hierdie skool nie in alle lande gehou nie.