Jehovah’s Witnesses—Faith in Action, Part 1: Out of Darkness
In die Bybel word lig met waarheid verbind, terwyl duisternis met leuens verbind word (Ps. 43:3; Jes. 5:20). Satan het duisternis in die wêreld ingebring toe hy Eva mislei het, en uiteindelik het hy die mensdom in groot duisternis gedompel (Op. 12:9). Die video Jehovah’s Witnesses—Faith in Action, Part 1: Out of Darkness vertel hoe geestelike lig uit die duisternis begin skyn het (Jes. 60:1, 2). Kan jy die volgende vrae beantwoord nadat jy na die video gekyk het?
(1) Hoe het groot duisternis ná die dood van die apostels ontwikkel? (2) Watter verwikkelinge sedert die 1100’s het mense gehelp om te sien dat die kerk die pad byster geraak het? (3) Wie was Henry Grew en George Storrs? (4) Watter gebeurtenisse in die lewe van Charles Russell het ’n diepgaande uitwerking op hom gehad? (5) Hoe het broer Russell, sy pa en ’n paar kennisse hulle Bybelstudieklas gehou, en tot watter skriftuurlike gevolgtrekkings het hulle gekom? (6) Hoe het dit gekom dat hierdie Bybelstudiegroep met Nelson Barbour se groep saamgesmelt het, maar wat het veroorsaak dat broer Russell hom onttrek? (7) Wat het in Julie 1879 gebeur wat ’n nuwe tydperk van geestelike lig ingelui het? (8) Wat het die toenemende aantal Bybelstudente daarna gedoen om die goeie nuus te versprei? (9) Wat het die Bybelstudente jare vooruit verwag sou in 1914 gebeur? (10) Voor watter uitdagings het die Bybelstudente ná broer Russell se dood te staan gekom? (11) Wat het die Bybelstudente gedoen nadat broer Rutherford en sy metgeselle uit die tronk vrygelaat is? (12) Hoe het hierdie video jou waardering vir Jehovah se organisasie vergroot? (13) Hoe het hierdie video jou meer vasbeslote gemaak om ywerig aan te hou preek ondanks struikelblokke? (14) Hoe kan ons hierdie video gebruik om ons familielede, Bybelstudente en ander te help?
Wat ’n kosbare geestelike erfenis het daardie vroeë Bybelstudente tog vir ons nagelaat! In ’n geestelike donker wêreld was hulle moedige en ywerige ligdraers. Laat ons hulle voorbeeld navolg en ‘voortgaan om as kinders van die lig te wandel’.—Ef. 5:8.