Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/12 bl. 7
  • Vyf maniere om ’n Bybelstudie te vind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vyf maniere om ’n Bybelstudie te vind
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Vra jy verwysings?
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Bied jy Bybelstudies aan?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Deel 7: Hou progressiewe Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel een
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 10/12 bl. 7

Vyf maniere om ’n Bybelstudie te vind

1. Wat moet ons doen as dit moeilik is om ’n Bybelstudie in ons gebied te vind, en waarom?

1 Is dit vir jou moeilik om iemand te vind met wie jy die Bybel kan studeer? Hou aan probeer. Jehovah seën diegene wat nie ophou om sy wil te doen nie (Gal. 6:9). Hier volg vyf wenke wat jou hiermee kan help.

2. Hoe kan ons die direkte benadering gebruik om ’n Bybelstudie te begin?

2 Direkte benadering: Baie mense weet dat ons Die Wagtoring en Ontwaak! aanbied, maar hulle weet dalk nie dat ons Bybelstudies aanbied nie. Probeer gerus die direkte benadering wanneer jy van huis tot huis gaan. Jy kan ook vir belangstellendes wat jy gereeld besoek, vra of hulle graag ’n Bybelstudie wil hê. As hulle nee sê, kan jy aanhou om lektuur by hulle te laat en die belangstelling te kweek. ’n Broer het ’n egpaar jare lank as deel van sy tydskrifroete besoek. Hy het die jongste tydskrifte by hulle gelaat, maar net voordat hy vertrek het, het hy terloops gevra: “Wil julle dalk ’n Bybelstudie hê?” Tot sy verbasing het hulle ja gesê. Hulle is nou gedoop.

3. Moet ons aanneem dat vergaderingbywoners die Bybel met iemand studeer? Verduidelik.

3 Vergaderingbywoners: Moenie aanneem dat belangstellendes wat jy by die gemeentelike vergaderinge sien, reeds ’n Bybelstudie het nie. Een broer vertel: “Meer as die helfte van die studies wat ek al gehad het, is begin toe ek met mense gepraat het wat die vergaderinge bygewoon het.” ’n Suster het besluit om ’n skaam vrou te nader wie se gedoopte dogters in die gemeente was. Die vrou het vergaderinge al 15 jaar lank bygewoon en het altyd net voordat die vergadering begin, in die Koninkryksaal ingekom en geloop sodra dit klaar was. Sy het ’n Bybelstudie aanvaar en uiteindelik in die waarheid gekom. Die suster skryf: “Ek is net spyt dat ek 15 jaar gewag het om te vra of sy wil studeer!”

4. Hoe kan ons met behulp van verwysings ’n Bybelstudie vind?

4 Verwysings: Een suster probeer om saam met ander na hulle Bybelstudies te gaan. Met die studiehouer se toestemming vra sy ná die studie vir die student of sy van enige ander mense weet wat graag hulle eie Bybelstudie sal wil hê. Wanneer jy die Leer Bybel-boek vir een van jou herbesoeke aanbied, kan jy vra: “Weet jy van enigiemand anders wat ook een sal wil hê?” Soms verhoed omstandighede verkondigers en pioniers om ’n studie te hou met iemand wat hulle in die gebied ontmoet het. Laat ander dus weet dat jy beskikbaar is om ’n Bybelstudie te hou.

5. Waarom kan ons die ongelowige maats van gemeentelede vra of hulle graag wil studeer?

5 Ongelowige maats: Is daar verkondigers in julle gemeente wat met ’n ongelowige getroud is? Sommige ongelowiges wil nie met hulle Christenhuweliksmaat oor die Bybel praat nie, maar sal wel ’n uitnodiging aanvaar om met iemand buite die gesin te studeer. Dit is dikwels beter om die gelowige man of vrou vooraf te raadpleeg om vas te stel wat die beste benadering sal wees.

6. Hoe belangrik is gebed wanneer ons ’n Bybelstudie probeer vind?

6 Gebed: Moenie die krag van gebed onderskat nie (Jak. 5:16). Jehovah belowe om na ons versoeke te luister as dit in ooreenstemming met sy wil is (1 Joh. 5:14). ’n Broer met ’n baie besige program het begin bid om ’n Bybelstudie te vind. Sy vrou het gewonder of hy tyd sou hê om na ’n student om te sien, veral as die student baie probleme het. Sy het dus vir Jehovah van haar bekommernisse vertel wanneer sy gebid het dat haar man ’n Bybelstudie vind. Hulle gebede is twee weke later beantwoord. ’n Pionier in die gemeente het ’n man ontmoet wat wil studeer en het die studie aan die broer oorhandig. Die vrou skryf: “Aan almal wat dalk dink dat ’n Bybelstudie meer is as wat hulle kan behartig, wil ek sê: Wees spesifiek in julle gebede en moenie ophou om daaroor te bid nie. Ons het meer vreugde ervaar as wat ek ooit gedink het ons sou.” Met volharding kan jy ook ’n Bybelstudie vind en die vreugde smaak om iemand te help om op “die pad wat na die lewe lei”, te kom.—Matt. 7:13, 14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel