Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/92 bl. 2
  • Bied jy Bybelstudies aan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied jy Bybelstudies aan?
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus aan—Deur tuisbybelstudies aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • ’n Spesiale dag om Bybelstudies aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Hoe om tuisbybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Op soek na meer Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 7/92 bl. 2

Bied jy Bybelstudies aan?

1 Baie geniet welslae om Bybelstudies te begin deurdat hulle die direkte benadering gebruik en vir mense die geleentheid bied om die Bybel te bestudeer. ’n Man wat lektuur by verskeie geleenthede geweier het, het dadelik ja gesê toe hy ’n Bybelstudie aangebied is. Hy het geantwoord: “Ek wou nog altyd die Bybel bestudeer.” ’n Bybelstudie is begin, en die hele gesin het vinnig vooruitgang gemaak.

2 Ons moet almal bewus bly van die feit dat ons studies wil begin. Mense kan net vordering maak om dissipels van Christus te word as hulle geleer word (Matt. 28:19). Om geleer te word, moet iemand ’n Bybelstudie met hulle hou. Studies kan dikwels begin word deur net vir die huisbewoner te sê dat jy graag vir hom wil wys hoe hy meer oor die Bybel en God se beloftes kan leer. ’n Broer kon vyf studies in die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld begin. Aangesien hy nie soveel Bybelstudies op ’n gereelde grondslag kon hou nie, het hy die Bybelstudies aan ander verkondigers gegee.

3 As dit vir ons maklik is om studies te begin, kan ons ander verkondigers saam met ons neem en hulle help om ook studies te begin. Of ons kan van die studies wat ons begin aan ander in die gemeente gee. As jy graag ’n Bybelstudie wil hou, kan jy gerus probeer om ’n Bybelstudie aan te bied vir diegene wat jy in die bediening van huis tot huis ontmoet. In een geval het ’n verkondiger ’n herbesoek op ’n tienermeisie gedoen wat nie veel belangstelling getoon het nie. Die verkondiger het nietemin vir haar ’n Bybelstudie aangebied en sy het dit aanvaar. Sy is nou gedoop, en haar suster en haar suster se man woon nou ook vergaderinge by.—Gal. 6:6.

4 Nie almal met wie ons ’n studie begin, sal aanhou studeer nie. Nie almal wat studeer sal in die waarheid kom nie. Maar sommige sal. Hoe meer studies ons begin, hoe groter is die moontlikheid dat ons ander sal kan help om lowers van Jehovah te word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel