Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/15 bl. 1
  • Neem die profete as ’n voorbeeld—Habakuk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Neem die profete as ’n voorbeeld—Habakuk
  • Ons Koninkryksbediening—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Vertrou op Jehovah en bly lewe!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Juig in die God van ons heil
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Bybelboek nommer 35—Habakuk
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Hoeveel tyd het die goddeloses nog oor?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2015
km 12/15 bl. 1

Neem die profete as ’n voorbeeld—Habakuk

1. Waarom kan ons ons moontlik met die profeet Habakuk vereenselwig?

1 Aangesien goddeloosheid in die wêreld om ons toeneem, voel ons moontlik soos Habakuk, wat Jehovah gevra het: “Waarom laat u my sien wat skadelik is en hou u aan om te kyk na wat niks anders as moeite is nie?” (Hab. 1:3; 2 Tim. 3:1, 13). As ons nadink oor Habakuk se boodskap en sy getroue voorbeeld, kan dit ons help om te volhard terwyl ons wag vir Jehovah se oordeelsdag.—2 Pet. 3:7.

2. Hoe kan ons toon dat ons vandag deur geloof lewe?

2 Lewe deur geloof: Habakuk het nie toegelaat dat gevoelens van selfbejammering hom verlam nie, maar het eerder geestelik waaksaam en bedrywig gebly (Hab. 2:1). Jehovah het die profeet verseker dat Sy woord op die regte tyd vervul sal word en dat ‘die regverdige deur sy getroue geloof sal bly lewe’ (Hab. 2:2-4). Wat beteken dit vir Christene wat diep in die tyd van die einde lewe? Dit is belangriker om oortuig te wees dat die einde sal kom as om te weet wanneer dit kom. Geloof beweeg ons om waaksaam te bly en om prioriteit te gee aan die bediening.—Heb. 10:38, 39.

3. Waarom moet ons ons vreugde in Jehovah se diens behou?

3 Verheug jou in Jehovah: Wanneer Gog van Magog Jehovah se volk aanval, sal ons geloof getoets word (Eseg. 38:2, 10-12). Konflik bring ontberinge mee, selfs vir diegene wat uiteindelik die oorwinning behaal. Kos sal dalk skaars wees, eiendomsverlies sal moontlik algemeen wees en lewenstandaarde sal miskien daal. Hoe sal ons reageer wanneer ontberinge ontstaan? Habakuk het ontberinge verwag en was vasbeslote om sy vreugde in Jehovah se diens te behou (Hab. 3:16-19). “Die vreugde van Jehovah” sal ons ook help om toekomstige beproewinge te verduur.—Neh. 8:10; Heb. 12:2.

4. Watter vreugde kan ons nou en in die toekoms ondervind?

4 Diegene wat Jehovah deur sy komende oordeelsdag bewaar, sal aanhou leer omtrent God se weg van die lewe (Hab. 2:14). Diegene wat opgewek word, sal ook omtrent Jehovah leer. Mag ons nou al elke geleentheid gebruik om ander te vertel van Jehovah en sy wonderlike werke!—Ps. 34:1; 71:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel