Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb16 Maart bl. 2
  • Verwelkom ons gaste

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwelkom ons gaste
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Soortgelyke materiaal
  • Verwelkom hulle!
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • ’n Kragtige getuienis sal gegee word
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Hoe kan ons diegene help wat die Gedenkmaal bywoon?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Laat hulle welkom voel by die Gedenkmaal
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
mwb16 Maart bl. 2

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verwelkom ons gaste

Ons verwag dat ongeveer 12 miljoen mense of selfs meer die Gedenkmaal op 23 Maart as ons gaste sal bywoon. Wat ’n wonderlike getuienis sal hulle tog ontvang wanneer die spreker Jehovah se gawe van die losprys bespreek, asook party van die toekomstige seëninge wat dit vir die mensdom sal meebring! (Jes 11:6-9; 35:5, 6; 65:21-23; Joh 3:16). Maar die spreker is nie die enigste persoon wat by hierdie spesiale geleentheid ’n getuienis sal gee nie. Ons almal kan ’n aandeel hê deur ons gaste hartlik te verwelkom (Ro 15:7). Hier is ’n paar wenke.

Een van Jehovah se Getuies verwelkom ’n besoeker tydens die Gedenkmaal; een van Jehovah se Getuies deel sy Bybel met besoekers tydens die Gedenkmaal
  • Eerder as om te gaan sit en wag dat die program begin, kan jy gerus die besoekers en onbedrywiges vriendelik groet en hartlik verwelkom

  • Hoewel jy veral aandag wil skenk aan mense wat jy self uitgenooi het, moet jy ook op die uitkyk wees vir ander wat gekom het omdat hulle ’n uitnodiging gekry het. Nooi hulle om langs jou te kom sit. Laat hulle saam met jou in jou Bybel en liedereboek kyk

  • Wees bereid om ná die toespraak hulle vrae te beantwoord. As daar te min tyd is omdat ’n ander gemeente die saal nodig het, kan jy reëlings tref om die persoon binne ’n paar dae te besoek. As jy nie hulle besonderhede het nie, kan jy vra: “Ek wil graag weet wat jy van die program gedink het. Hoe kan ek jou in die hande kry?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel