Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb17 April bl. 5
  • Jy kan ’n onbedrywige Christen aanmoedig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy kan ’n onbedrywige Christen aanmoedig
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Moenie die onbedrywiges vergeet nie
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Help onbedrywige persone
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • “Keer terug na my”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Help hulle om sonder versuim terug te keer!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
mwb17 April bl. 5

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jy kan ’n onbedrywige Christen aanmoedig

’n Herder probeer om ’n verlore skaap te red

Elke jaar woon daar baie onbedrywige Christene die Gedenkmaal by. Hulle het die wedloop vir die ewige lewe begin hardloop, maar het vir die een of ander rede moeg geraak. Party van hierdie redes word in die brosjure Keer terug na Jehovah bespreek (Heb 12:1). Onbedrywiges is nog steeds vir Jehovah kosbaar. Hy het ons almal met die bloed van sy Seun gekoop (Han 20:28; 1Pe 1:18, 19). Hoe kan ons hulle help om na die gemeente terug te keer?

Gemeentelike ouer manne soek na onbedrywige Christene om hulle te help, net soos ’n herder deeglik na ’n verlore skaap sal soek (Lu 15:4-7). Dit weerspieël Jehovah se liefdevolle sorg (Jer 23:3, 4). Ons almal kan Christene aanmoedig wat moeg geraak het, nie net die ouer manne nie. Dit maak Jehovah se hart bly wanneer ons goedhartigheid en besorgdheid toon aan ander, en hy sal ons daarvoor seën (Spr 19:17; Han 20:35). Dink dus aan wie jy kan aanmoedig en doen dit so gou as moontlik!

Laura staar by ’n venster uit, Abbey bid, Abbey en Laura omhels mekaar en poseer vir ’n foto

KYK NA DIE VIDEO MOEDIG ONBEDRYWIGES AAN EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Abbey die inisiatief geneem toe sy ’n vreemde suster vir die eerste keer ontmoet?

  • Hoekom moet ons eers met die ouer manne gesels as ons ’n onbedrywige Christen wil help?

  • Hoe het Abbey voorberei vir haar tweede besoek aan Laura?

  • Hoe het Abbey volharding, geduld en liefde betoon toe sy Laura probeer aanmoedig het?

  • Wat leer Jesus se illustrasie ons in Lukas 15:8-10?

  • Hoe het Jehovah die gemeente se pogings geseën om Laura te help?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel