DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verbeter jou vaardighede in die bediening—Doen ’n herbesoek
WAAROM DIT BELANGRIK IS: Baie mense wat in die Koninkryksboodskap belangstel, is op soek na die waarheid oor God (Jes 55:6). As ons wil hê dat hulle vordering moet maak, moet ons hulle herhaaldelik besoek. Mense se probleme verskil, en daarom sal ons hulle belangstelling op verskillende maniere ontwikkel. Maar ons sal meer sukses hê as ons met ’n spesifieke doel deeglik vir elke besoek voorberei, omdat ons graag ’n Bybelstudie wil begin.
HOE OM DIT TE DOEN:
Probeer om so gou as moontlik terug te gaan, miskien selfs binne ’n paar dae.—Mt 13:19
Wees vriendelik en toon respek. Probeer ontspan
Groet die huisbewoner vriendelik. Gebruik die persoon se naam. Verduidelik vir hom hoekom jy teruggekom het—miskien om ’n vraag te beantwoord, die nuutste tydskrif te bring, ons webwerf te wys, ’n video te speel of ’n Bybelstudie te demonstreer. As hy dalk oor ’n ander onderwerp begin praat, moet jy jou aanbieding daarby aanpas.—Flp 2:4
Gooi die saad van waarheid nat wat in sy hart geplant is deur ’n gedagte uit die Bybel met hom te deel en miskien vir hom lektuur te gee (1Ko 3:6). Probeer om ’n vriendskaplike verhouding met hom op te bou
Lê die grondslag vir die volgende besoek