Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb18 Maart bl. 7
  • ‘Hou aan waak’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hou aan waak’
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal jy ‘aanhou waak’?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • ’n Les oor waaksaamheid – Die maagde
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die verstandige en die dwase maagde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Skenk jy aandag aan die waarskuwings?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
mwb18 Maart bl. 7
Die tien maagde van Jesus se gelykenis

SKATTE UIT GOD SE WOORD | MATTEUS 25

‘Hou aan waak’

25:1-12

Hoewel Jesus met sy gesalfde volgelinge gepraat het toe hy die gelykenis van die tien maagde vertel het, is die boodskap daarin vir alle Christene bedoel (w15 3/15 9-14). “Hou dus aan waak, want julle weet nie die dag en ook nie die uur nie” (Mt 25:13). Kan jy Jesus se gelykenis verduidelik?

  • Bruidegom (vs. 1) — Jesus

  • Verstandige maagde wat gereed is (vs. 2) — Gesalfde Christene wat gereed is om hulle toewysing getrou uit te voer en wat tot die einde toe as ligte skyn (Flp 2:15)

  • Die geroep: “Hier is die bruidegom!” (vs. 6) — Bewys van Jesus se teenwoordigheid

  • Dwase maagde (vs. 8) — Gesalfde Christene wat gaan om die Bruidegom te ontmoet, maar hulle hou nie aan waak en bly nie getrou en lojaal nie

  • Die verstandige maagde weier om hulle olie te deel (vs. 9) — Ná die finale verseëling is dit te laat vir die getroue gesalfdes om enigiemand te help wat nie getrou gebly het nie

  • ‘Die bruidegom het daar aangekom’ (vs. 10) — Jesus kom naby aan die einde van die groot verdrukking om te oordeel

  • Die verstandige maagde gaan saam met die bruidegom na die huweliksfees en die deur word toegemaak (vs. 10) — Jesus neem sy getroue gesalfdes na die hemel, maar dié wat nie getrou is nie, verloor hulle hemelse beloning

Die gelykenis sê nie vir ons dat baie van die gesalfdes nie getrou sal bly en vervang sal moet word nie. Dit is eerder ’n waarskuwing; elke gesalfde Christen het die vermoë om self te kies of hy voorbereid en waaksaam wil wees, en of hy dwaas en ontrou wil wees. Jesus het gewaarsku: ‘Julle moet gereed wees’ (Mt 24:44). Dit maak nie saak watter hoop ons het nie, Jesus verwag dat elkeen van ons ons hart moet voorberei vir getroue diens en altyd waaksaam moet bly.

Hoe wys ek dat ek waaksaam is? 

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel