Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 September bl. 3
  • Pasop dat jy nie valse stories versprei nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Pasop dat jy nie valse stories versprei nie
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • “Iemand wat onervare is, glo elke woord”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • ’n Oormaat inligting
    Ontwaak!—1998
  • Hou aan om te beoefen wat julle geleer het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Het jy al die feite?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 September bl. 3

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Pasop dat jy nie valse stories versprei nie

’n Vrou is geskok oor iets wat sy op haar foon sien terwyl sy inkopies doen.

Vandag kan inligting baie vinnig na miljoene mense versprei word deur middel van gedrukte inligting, die radio, die televisie en die Internet. Dié wat “die God van waarheid” aanbid, moenie valse inligting versprei nie, al doen hulle dit sonder om dit te besef (Ps 31:5; Eks 23:1). As valse stories versprei word, kan dit groot probleme of hartseer veroorsaak. As jy wil seker maak of iets waar is, moet jy jou afvra:

  • ‘Kom dit van ’n betroubare bron af?’ Die een wat die storie oorvertel, ken dalk nie al die feite nie. Wanneer mense stories oorvertel, verander die inligting baiekeer, en daarom moet jy oppas as jy nie weet presies waar die storie vandaan kom nie. Omdat dié wat voorregte in die gemeente het as betroubare bronne van inligting beskou word, moet hulle veral baie versigtig wees en nie inligting versprei waarvoor daar nie bewyse is nie

  • ‘Is die inligting lasterlik?’ As dit ’n persoon of ’n groep se naam deur die modder sleep, moet ons dit nie versprei nie. – Spr 18:8; Flp 4:8

  • ‘Is die storie geloofwaardig?’ Wees versigtig wanneer jy stories en ervarings hoor wat sensasie veroorsaak of te goed klink om waar te wees

KYK NA DIE VIDEO STOP DIE SKINDERSTORIES!, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Seun is vasgebind aan ’n ronde teikenbord met messe oral om hom in die bord.

    Hoe kan woorde ander seermaak, volgens Spreuke 12:18?

  • ’n Groep mense staan saam en skinder.

    Hoe help Filippense 2:4 ons om goeie besluite te maak wanneer ons oor ander praat?

  • Een man draai sy rug op ’n ander man wat skinder.

    Wat moet ons doen wanneer ander sarkasties of negatief begin raak wanneer hulle oor mense praat?

  • Een man skinder terwyl ’n ander man, wat soos ’n joernalis aangetrek is, notas maak.

    Watter vrae moet ons onsself vra voordat ons oor ander begin praat?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel