SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 29-30
’n Bydrae aan Jehovah
Toe die tabernakel opgerig is, het mense die voorreg gehad om geld by te dra om Jehovah se aanbidding te ondersteun, maak nie saak of hulle ryk of arm was nie. Hoe kan ons vandag ’n bydrae aan Jehovah maak? Een manier is deur geld by te dra vir Koninkryksale, Byeenkomssale, vertaalkantore en Bethelkomplekse, sowel as ander geboue wat toegewy is vir die aanbidding van Jehovah.
Wat leer die volgende tekste ons oor geldelike bydraes om ware aanbidding te ondersteun?