SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 37-38
Tabernakel-altare en die rol daarvan in ware aanbidding
Die tabernakel-altare is volgens Jehovah se instruksies gebou en het spesiale betekenis gehad.
Soos brandende reukwerk wat met vaardigheid gemeng is, is die aanvaarbare gebede van Jehovah se knegte vir hom aangenaam
Jehovah het offerandes aanvaar wat op die brandofferaltaar geoffer is. Die brandofferaltaar was voor die heiligdom, en dit herinner ons daaraan dat geloof in die losprysoffer van Jesus nodig is om deur God aanvaar te word. – Joh 3:16-18; Heb 10:5-10
Hoe kan ons ons gebede soos reukwerk voor God voorberei? – Ps 141:2