Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Desember bl. 7
  • Is jy bereid om aansoek te doen vir die Skool vir Koninkrykspredikers?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy bereid om aansoek te doen vir die Skool vir Koninkrykspredikers?
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Die opleiding van Koninkryksbedienaars
    God se Koninkryk regeer!
  • Sendelinge bevorder wêreldwye uitbreiding
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Doen aansoek vir die Skool vir Koninkrykspredikers
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Sendelinge “tot in die mees afgeleë deel van die aarde”
    Hoe jou donasies gebruik word
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Desember bl. 7
’n Paar studente woon die Skool vir Koninkrykspredikers by.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Is jy bereid om aansoek te doen vir die Skool vir Koninkrykspredikers?

Is jy tussen die ouderdom van 23 en 65 en in die voltydse diens? Is jou gesondheid goed, en kan jy dien waar daar hulp nodig is? As jou antwoord op hierdie vrae ja is, het jy dit al oorweeg om aansoek te doen vir die Skool vir Koninkrykspredikers? Vandat die eerste klas begin het, het duisende getroude paartjies, ongetroude broers en ongetroude susters al aansoek gedoen. Maar ons wil graag hê dat meer ongetroude broers aansoek moet doen. Vra Jehovah om jou begeerte te versterk om sy hart bly te maak en die voorbeeld van sy Seun te volg (Ps 40:8; Mt 20:28; Heb 10:7). Dan moet jy dink aan maniere om sekulêre of persoonlike verpligtinge te verminder sodat jy vir die voorreg kan kwalifiseer.

Watter diensvoorregte kon gegradueerdes al geniet vandat hulle hierdie teokratiese opleiding gekry het? Party gegradueerdes is al gestuur om te dien in gebiede waar daar ander tale gepraat word of om deel te neem aan die spesiale metro-getuieniswerk. Ander gegradueerdes dien later as instaankringopsieners, as kringopsieners of as veldsendelinge. Terwyl jy dink oor hoe jy meer in Jehovah se diens kan doen, hoop ons dat jy sal voel soos die profeet Jesaja wat gesê het: “Hier is ek! Stuur my!” – Jes 6:8.

KYK NA DIE VIDEO VELDSENDELINGE – WERKERS IN DIE OES, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Veldsendelinge – Werkers in die oes’. ’n Paartjie wat veldsendelinge is, loop in ’n straat af terwyl hulle velddiens doen.

    Hoe word veldsendelinge gekies?

  • ’n Toneel uit die video ‘Veldsendelinge – Werkers in die oes’. ’n Veldsendeling en ’n ander suster studeer die Bybel met ’n vrou.

    Watter goeie werk doen veldsendelinge?

  • ’n Toneel uit die video ‘Veldsendelinge – Werkers in die oes’. ’n Broer wat ’n veldsendeling in gebaretaal is, praat met ’n ander broer oor ’n aansoek vir spesiale diens.

    Wat is party van die seëninge van sendingdiens?

Wil jy graag meer uitvind oor die Skool vir Koninkrykspredikers? Gaan na “Video’s” in die biblioteek-gedeelte op jw.org, en kyk onder ONS BEDRYWIGHEDE > TEOKRATIESE SKOLE EN OPLEIDING. Kyk na die video’s Teokratiese skole in die hartjie van Afrika, Jehovah se onderrigting maak ons geestelik ryk en Eerste graduering van die SKE.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel