Jakob profeteer vir sy seuns
SKATTE UIT GOD SE WOORD
Jehovah se wyse manier om die land te verdeel
Jehovah het deur die lot sy riglyne duidelik gemaak, dalk om toe te wys waar die erfdeel van elke stam min of meer sou wees (Jos 18:10; it-1-E 359 ¶1)
Jehovah het seker gemaak dat Jakob se sterfbedprofesie vervul word (Jos 19:1; it-1-E 1200 ¶1)
Jehovah het die volk toegelaat om te besluit hoe groot elke stam se gebied sou wees (Jos 19:9; it-1-E 359 ¶2)
Die land was op ’n manier verdeel wat gekeer het dat daar jaloesie of stryery tussen die stamme sou wees. Watter vertroue gee dit jou oor die besluite wat Jehovah in die nuwe wêreld sal maak?