Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb22 Julie bl. 13
  • Spesiale kampanje om Bybelstudies in September te begin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spesiale kampanje om Bybelstudies in September te begin
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Soortgelyke materiaal
  • Spesiale kampanje om die nuwe brosjure te versprei
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Verkondig die goeie nuus van die koninkryk met brosjures
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Wakker belangstelling aan in die Koninkryksboodskap
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
mwb22 Julie bl. 13
Collage: Die gesin wat uitgebeeld word in die artikel “Stel doelwitte vir die nuwe diensjaar – Pionier” is besig om velddiens te doen. 1. Die jong vrou en haar ma bespreek die “Geniet die lewe vir ewig!”-brosjure met ’n vrou by haar woonstel se deur. 2. Die ouma gebruik die “Geniet die lewe vir ewig!”-brosjure om ’n Bybelstudie oor die telefoon te hou. 3. Die pa en ma staan langs ’n lektuurtrollie wat die “Geniet die lewe vir ewig!”-brosjure en ons gratis Bybelstudieprogram adverteer.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Spesiale kampanje om Bybelstudies in September te begin

Gedurende September gaan ons baie hard werk om Bybelstudies vir almal aan te bied deur die Geniet die lewe vir ewig!-brosjure te gebruik. Verkondigers kan besluit om hulppionierdiens te doen met ’n uurvereiste van 30 uur. Hoe kan ons aan hierdie spesiale kampanje deelneem?

  • Op die eerste besoek: Gebruik die agterblad van die brosjure om mense te kry om belang te stel, en probeer om ’n studie te demonstreer. Dink aan dié wat voorheen gewys het dat hulle belangstel, insluitende herbesoeke. Selfs al wou hulle nie in die verlede ’n Bybelstudie hê nie, sal hulle dalk belangstel in ons nuwe studiemetode en brosjure. Brosjures moet nie by huise gelos word waar daar niemand tuis is nie. Dit moet ook nie saam met briewe gestuur word nie, tensy iemand in die verlede belanggestel het. Die Gemeentelike Dienskomitee kan ekstra velddiensvergaderinge gedurende die maand reël.

  • Ander geleenthede: As jou gemeente lektuurtrollies gebruik, vertoon die Geniet die lewe vir ewig!-brosjure. Sê vir dié wat belangstel dat as hulle ’n brosjure neem, hulle ook ’n gratis Bybelstudie kan kry. Demonstreer dan kortliks hoe ’n studie werk, of reël om dit later te doen. Die diensopsiener sal dalk reël dat bekwame verkondigers na besighede in die gebied gaan en Bybelstudies aanbied. Jy kan ook ’n Bybelstudie aanbied vir werksmaats of vir mense wat jy ontmoet wanneer jy informeel getuig.

Jesus het ons beveel om ‘dissipels te maak’ en om ‘hulle te leer’ (Mt 28:19, 20). Ons hoop dat hierdie spesiale kampanje ons kan help om hierdie doel te bereik deur Geniet die lewe vir ewig! te gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel